Oor al die jare was leierskap opleiding en ontwikkeling baie belangrik vir Vredelust Gemeente
– ‘n kerk en gemeente is net so sterk soos sy leierskap.
Oor al die jare was leierskap opleiding en ontwikkeling baie belangrik vir Vredelust Gemeente
– ‘n kerk en gemeente is net so sterk soos sy leierskap.
Die Vredelust Leierskap Akademie het tot stand gekom toe ons besluit het om ons klem op leierskap uit te brei na die breë kerk en gemeenskap.
Die Akademie funksioneer veral op vier vlakke:
Hoe ver het jy al ontwikkel op die pad van geestelike volwassenheid?
Hierdie dissipelskap kursus gebasseer op die Volg Jesus boekie sal jou “stretch” om nie net die basics te doen nie, maar die verskillende fases van geestelike groei te verstaan en regtig by die diep dinge van die Woord uit te kom.
Volg Jesus is 'n basiese dissipelskap program wat begin by 'n eenvoudige (Bybelstudie) boekie [genaamd "Volg Jesus"] wat dien as vertrekpunt vir verdere gesprek.
Jy werk die boekie op jou eie deur (een afdeling op 'n slag of in sy geheel), waarna 'n kursusaanbieder die materiaal verder met jou bespreek vir dieper insig en persoonlike aanwending. Hierdie gesprekke kan plaasvind in 'n formele kursus omgewing of op individuele basis.
Die "Volg Jesus" boekie is beskikbaar in die Media Sentrum by Vredelust Gemeente @ R30 en is in Engels en Afrikaans beskikbaar.
Copyright 2016 by Vredelust Church|Privacy Statement|Terms Of Use