By Vredelust is families en kinders vir ons belangrik.

Daarom bied ons op Sondae spesiale programme vir kinders wat vir hulle fun is met baie sing, speletjies, aktiwiteite, stories en groepwerk, waar hulle op hul eie ouderdomsvlak bedien word.

Al hierdie programme geskied terwyl ouers die dienste in die ouditorium bywoon. So speel-speel leer ons kinders wat dit beteken om vir Jesus lief te wees.

Jesus Kidz Babas

JesusKidz babas is ‘n area waar jy jou baba en peuter op ‘n Sondag (08:30 en 10:00 diens) in ‘n veilige, liefdevolle ruimte kan los terwyl ma en pa die diens bywoon.

Ons het passievolle volunteers wat saam met hulle speel en 1:1 aandag gee waar nodig. Ons sing en speel met die fokus daarop dat almal hulle geniet terwyl ouers met geruste harte die diens kan bywoon. Ouers ontvang ook ‘n buzzer sodat ons hulle maklik kan roep indien baba dringend hulle aandag nodig het.  

Die babakamer is ook ingerig met geriewe vir mamma’s wat borsvoed.

Jesus Kidz Kleuters

Navrae: Sonja Basson, 072 222 9770

JESUSkidz Kleuters maak voorsiening vir voorskoolse kinders (3-6 jaar tydens die 08:30 en 10:00 diens). Hulle lokaal is ingerig met klim- en afglyapparaat sodat hulle lekker kan rond baljaar en speel.

Daarna is daar tyd om te sing, stories te luister, in te kleur en interessante dinge te maak wat alles vir die klein maatjies basiese Bybelse beginsels leer.

Navrae: Theresa van den Berg, 082 733 7275

Jesus Kidz Kinders

JESUSkidz Kinders is vir laerskoolkinders van Graad 1 tot en met Graad 6. Hierdie groep kom op Sondae tydens die 10:00 diens bymekaar in die Aktiwiteitsentrum met ‘n tyd vir worship, grootgroep aktiwiteite en ook kleingroepe wat deur volwasse groepleiers hanteer word.

Verder kamp hulle, hou vakansieklubs en geniet mekaar - terwyl hulle ervarings van FUN, FOOD, FRIENDS en FAITH in hulle geloofsreis bou en behou!

Navrae: Tertius van den Berg, 082 783 7107

Copyright 2016 by Vredelust Church|Privacy Statement|Terms Of Use

Tuisblad

Kontak Ons