Genesingsprogramme

Travel Lite

Raak ontslae van jou emosionele bagasie.

Kom “connect” met jouself, God en ander op ‘n reis van ongeveer 14 weke. In groepsverband hanteer jy relevante onderwerpe en kom vry van die dinge wat jou kan terughou in die lewe. Selfs mense wat dink hul is “uitgesort”, vind die proses verrykend.

Program begin 13 Febr‍‍‍uarie / 31 Julie 2018. ‍‍‍

Dinsdagaande van 19:00-21:00

Koste:R250 (handleiding ingesluit)

Die dood van ‘n geliefde, of enige ernstige verlies, kan ‘n mens se hanteringsvaardighede verlam en jou lewenslus inkort.  Jy voel waarskynlik dat jy nooit weer hieroor gaan kom nie.  Ons wil vir jou ‘n warm, veilige atmosfeer skep, waar jy saam met mense net soos jy, deur die rouproses kan werk. Die program behels 12 afsonderlike onderwerpe. Jy kan enige tyd inskakel.

Program begin 13 Februarie / 31 Julie 2018.

Dinsdagaande van 19:00 – 21:00.

Kostes R250 (handleiding ingesluit)

Egskeiding, of die opbreek van ‘n lang verhouding, stel oorweldigende eise aan jou as mens, en almal rondom jou. Hierdie spesialisprogram dek onderwerpe wat jou sal toerus om deur die skeidingsproses te werk.  Selfs al is jy al ‘n ruk terug geskei.  Fasiliteerders skep vir jou ‘n veilige, vertroulike spasie, waar jy weer met God kan “connect” en hoop vir die pad vorentoe vind.

Program begin ‍‍‍‍‍‍13 Febr‍‍‍uarie / 31 Julie 2018.  

Dinsdagaande van 19:00-21:00  

Kostes:R250 (Handleiding ingesluit)

ER4Kids (“Emotional Rescue 4 Kids”)

Die program is bedoel vir kinders tussen die ouderdom van 4 en 12  wie se ouers in bogenoemde programme is. Opvoedkundige  steun vir dinge soos, boelie, terg, krisisse en die emosies daaraan gekoppel.  Die proses loop hand aan hand met die volwasse programme.

Program begin ‍‍‍13 Febr‍‍‍uarie / 31 Julie 2018. ‍‍‍

Dinsdagaande van 19:00-21:00  

Kostes:R100 (Sluit alle kreatiewe materiaal en verversings in).

Pastorale sorg & berading

Gebedsbediening

Daar is KRAG in gebed -  “… want My huis sal ‘n huis van gebed genoem word vir al die volke.” Jes 56.7

Indien jy wil kom saambid - Woensdae 10:00‍‍‍ in Leon Oosthuizen se kantoor (Vredelust Anneks, tweede vloer).  Indien jy ‘n behoefte het om bedien te word met gebed is jy ook meer as welkom. Of stuur vir ons jou gebedsversoek hier.

I Care

Siekes word in die hospitaal besoek asook terwyl hulle tuis aansterk.  ‘n Span vrywilligers en Vredelust personeel is hierby betrokke. Ons personeel bid ook elke Woensdag vir siekes.

Kontak die kerkkantoor / Diedre Mans / Willie v Rooyen – 021 949 0096

Individuele berading word verskaf op afspraakbasis aan enkel persone, paartjies of gesinne deur ‘n professionele pastorale berader (Geregistreer by HPCSA en BHF).

Kostes:  Mediese Fondstariewe geld.  Daar is ook ‘n spesiale tarief vir diegene wat nie op fondse is. R200 per uur (Indiv), R400 (Sisteme). Fooie is onderhandelbaar.

Dedrei Mans

Copyright 2016 by Vredelust Church|Privacy Statement|Terms Of Use

Tuisblad

Kontak Ons