Copyright 2016 by Vredelust Church|Privacy Statement|Terms Of Use

Tuisblad

Kontak Ons


GROEI StapDRIE- ONTDEK

Groei is die maklikste manier om te connect met die gemeente, 'n eerste plek om te begin. In StapDRIE ontdek jy hoe jy jou unieke gawes en talente kan gebruik om ander te dien.‍‍‍

Volledige info oor GROEI-program

Maandag 20 November 18:00 in die Vredelust Konferensielokaal.

Dis net 'n uur  -  en jy hoef nie v‍‍‍oor die tyd in te skryf nie.

Gids vir Groei

1.

In StapEEN kyk ons na wat dit beteken om Jesus te volg.

2.‍‍‍

In StapTWEE wys ons jou hoe jy kan connect met ander gelowiges in die gemeente en 'n huiskerk.

3.

In StapDRIE ontdek jy hoe jy jou unieke gawes en talente kan gebruik om ander te dien.

4.

In StapVIER connect ons jou met 'n bedieningspan van jou keuse om 'n verskil te maak.

Ons is tans besig met 'n veldtog genaamd 641 en wil jou uitnooi om saam met ons op hierdie geestelike reis te gaan. As volgelinge van Jesus kan ons baie vinniger groei, meer vreugde ervaar en baie meer suksesvol wees om 'n verskil te maak in die lewens van mense rondom ons wanneer ons dit saam doen.

641 staan vir:

  • 6 boodskappe op Sondae (woon die diens by, webstream, of kyk later op YouTube as jy nie hier kan wees nie
  • 4 kleingroepbyeenkomste (3 op 'n Woensdagaand by huise en een celebration saam by die kerk)
  • 1 uitreik (gaan saam na Proteahof by Tygerberg Hospitaal waar ons die wooneenhede vir familie van pasiënte 'n "make-over" gaan gee op Saterdag 26 Mei - slegs die oggend)

Indien jy nie tans in 'n kleingroep is nie wil ons jou uitdaag om vir daardie vier aande (9, 16, 23, 30 Mei) in te skakel by 'n groep

skryf nou in of kry meer inligting.

Saterdag 26 Mei

Proteahof "Makeover"

Dis tyd om 'n verskil te maak in die gemeenskap!

Gaan saam na Proteahof by Tygerberg Hospitaal waar ons die wooneenhede vir familie van pasiënte 'n "make-over" gaan gee op Saterdag 26 Mei - (7uur tot so by middagete).

Dit vorm deel van die 641 inisiatief en elke kleingroep kry 'n afgebakende deel om te doen. As jy in 'n kleingroep is kan jy die nodige inligting by jou kleingroepleier kry. Indien jy nie tans in 'n kleingroep is nie kan jy beslis ook saamgaan.

Kontak
Pieta Wolfaardt (082 302 2000) om saam te gaan.

Be the difference!

Waar moet ek wees?

26 Mei - Vredelust Gemeente Ouditorium

06:30 - Koffie en beskuit

07:00 - Bid en kry reëlings

Wat het ek nodig?

ONS BRING‍‍‍: verf

JY BRING: Rollers met bakke; ‘extention poles’; sponsrollers; kwaste; verfbakke; maskingtape; koerante; ou lappe; swartsakke; skoonmaakmiddels; skrapers; skuurpapier; skroewedraaiers; trapleer; skoppie en besem; Genkem

VERF RIGLYNE

Stap 1: Maak mure skoon en waar nodig was met suikerseep. Wag dat mure droog word.

Stap 2: Plak maskingtape waar nodig (vensterrame, skirtings, deurkosyne ens.)

Stap 3: Plaas koerante / dropsheets op die vloer.

Stap 4: Kry nou jou verf by een van die koördineerders

Stap 5: Verf twee lae. Rol en insny. Die tweede laag kan aangewend word sodra die eerste laag “touch-dry” is