Ons benodig vrywilligers wat ‘n hart vir mense het en bereid is om by die ontvangstoonbank uit te help.
Die vrywilligers sal die volgende verandwoordelikhede hê:
- Skakelbord
- Boodskappe neem.
- Die bestuur van die sosiale werker se kliënte.
- Bestuur van instap kliënte.
- Om op hoogte te bly met die inligting wat in die Ontvangshandleiding is.
Ons benodig vrywilligers van Maandae tot Vrydae om in een van die volgende tydgleuwe ontvangs te doen:
- 08:30 – 11:30
- 11:30 – 13:30
- 13:30 – 16:30
Opleiding word gedoen deur Carina van der Merwe. Vir verdere inligting kontak Carina by (021) 950 4452 of bookshop@churchadventure.co.za.