Sunday, September 05, 2010

Vrywilligers is die Hartklop

Minimize

Vrywilligers is elke individu wat vrylik van hulself, hul tyd en selfs hul finansies gee om ander te help om meer te word as wat hul ooit kon droom of hoop. Vrywilligers is nie net die hartklop van Vredelust in die kerk nie, maar Jesus se hartklop in hierdie wêreld.

Johannes 14:12 - Dít verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan.

Onthou, dit maak nie vir die Here saak of jy 'n koppie was en of jy vir 'n sieke bid nie.

Hebreërs 6:10 - God is nie onregverdig nie: Hy sal julle werk nie vergeet nie en ook nie die liefde wat julle vir sy Naam betoon het deurdat julle julle medegelowiges gedien het en nog dien nie.

Daar is baie geleenthede om betrokke te raak.

Daar is nog projekte waarby jy ook betrokke kan raak.

As jy 'n Vrywilliger wil wees is dit die beste om die Vrywilligers Vraelys hier in te vul sodat ons jou kan help om jou plek te vind.

Vredelust Gemeente Copyright 2010 - Hosted and Created by DWS