Sunday, September 05, 2010

Quelimane Christian Assembly

Minimize

Ons het ‘n vennootskap met ‘n kerk in Quelimane onder leiding van Oswaldo en Annmaree Jorge. Hulle is grootliks besig om kerke in verskeie stede te plant en gebruik verskillende projekte vir transformasie soos die Peace School vir weerlose kinders, landboukundige programme, straatkinders en tronk bedienings, inkomsgenererende projekte, Engelse skole en die aanspreek en bewusmaking van MIV/Vigs.

Adres: Ave, 1 De Juhlo, Quelimane, Mozambique
Senior Leraar: Oswaldo and Anamarie Jorge
Kontak Persoon: Oswaldo Jorge (qcamssion@hotmail.com)
Webwerf/Epos: qcamission@hotmail.com

Okalawo Community Village

Minimize

Gerda en Stephan van der WaltGod het 'n opgewondenheid en passie vir Afrika in Gerda en my hart kom plaas. Hy het ook ons ongelooflik baie geseën deur 'n tiepiese siviele ingenieur wat metodies en versigtig is by iemand wat meer impulsief en risiko nemend bymekaar te bring. Ons beleef dat God 'n doel vir elkeen van ons het en ons beleef dat Hy hierdie passie vir Afrika saam met gawes en talente vir ons gegee het sodat ons Hom en Sy Koninkryk kan dien op die mees effektiefste manier deur ons beroep, myself as 'n siviele ingenieur en vir Gerda met haar organisasie en administrasie 'skills'. Ons het vir 'n geruimde tyd met hierdie opgewondenheid wat ons glo van Hom af kom met ‘n verwagting gebid dat God ons sal lei en ons oë en hart oop maak sodat ons Hom kan dien.

Met hierdie verwagting het ons in Junie 2009 op 'n uitreik na Quilemane in die noorde van Mosambiek gegaan. Ons het Quilemane Life church daar besoek waar die leiers van Life Church, Oswaldo en Annmaree, hulle visie en planne vir Okalawo gedeel het. Okalawo, wat lewe beteken, is 'n vier hektaar stukkie grond aan die buitewyke van Quilemane. Life Church glo dat hulle 'n hele gemeenskap kan bereik deur kinders van die strate te neem en aan hulle behuising, opleiding en sekuriteit kan verskaf. Gebaseer op 'n model wat al effektiewelik in Uganda gebruik is, wil Life church 'n volhoubare gemeenskaps dorpie oprig op Okalawo se grond.

Ons vertrek in Maart 2010 om Annmaree en Oswaldo te ondersteun in die oprig van die Okalawa kinder gemeenskap.  As julle meer inligting wil hê van die projek of wil weet hoe om betrokke te raak kontak ons gerus:

Stephan: 074 1066 421

Gerda: gerda@churchadventure.co.za

Jy kan hier meer inligting aflaai oor Okalawo Community Village.

Vredelust Gemeente Copyright 2010 - Hosted and Created by DWS