Met ons eerste les van hierdie siklus was ons baie bevoorreg om nie net ‘n baie verfrissende praatjie van Leon af te kry nie maar ook ‘n mooi vooraf gedagte van ons sprankelende Michelle de Wet!
Michelle het ons proses wat ons deurgaan vergelyk met water skep uit ‘n put uit. God het vir omtrent almal van ons hierdie siklus van die program vergelyk met saad wat geplant word en hoe water lewe daaraan gee. Mense gooi egter vullis in ‘n waterput en ons toelaat dat diè vullis eers weggehaal word voor ons die skoon vars water wat God se Vaderhart vir ons bedoel by kan uitkom. Pragtig beeldspraak, dankie Michelle en dis presies waarmee ons by Travel Lite besig is!
Leon het met ons gedeel dat sy dag baie moeilik en challenging was! Hy het talle vergaderings belê nadat dit op ‘n stadium gelyk het of ons kerk R 700 000 kort was op ons begroting. Hy moes seker geweet het dat sy dag net afdraende kon gaan nadat sy koffiemaker eerste ding nie wou werk nie! Genadiglik het hy darem agtergekom dat dit ‘n berekeningsfout was en dat die begroting in werklikheid klop! Vir Leon beur nuwe lidmate onderhoude hom gewoonlik op ‘n Dinsdag op, en later in die moeilike dag was dit dan ook die hoogtepunt! Hy het met iemand ‘n gesprek gehad wat amper 15 minute geneem het, om die werklike storie agter ‘n probleem by uit te kom. Leon het onmiddellik agtergekom dat die persoon bietjie in denial was maar nadat hy met Leon eerlik was onmiddellik gesê het hoe lekker hy die aand gaan slaap! Leon wou weet hoekom mense bang is vir die waarheid en dus in denial is?
Ons is duidelik bang dat nadat ons eerlik was oor goed ander mense ons gaan verwerp! ‘n Klassieke voorbeeld uit die Bybel uit van ontkenning is Petrus. Dit kom dus juis by volgeling van Jesus ook voor en hierdie vrees van verwerping hoekom ons in ontkenning leef verdwyn nie wonderbaarlik as ons tot bekering kom nie! In Joh 21 leer ons dat hierdie herstel van Petrus eers kon plaasvind toe hy wat hy gedoen het in die oë moes kyk! Belangrik vir hom het hy waarskynlik al toe in privaatheid met Jesus ‘n gesprek gehad oor wat gebeur het toe hy gesê het hy ken Jesus nie, maar die storie moes in die openbaar ook aangespreek word vir Petrus om genesing te ervaar. Ons leer selfs dat dit hom hartseer gemaak het. (Was dit dalk die eerste Travel Lite vergadering??!!)
Ons moet ons gebrokenheid besef en ook besef almal is gebroke! Leon het ook vir ons ‘n deeltjie voorgelees uit Henri Nouwen se boek Life of the beloved. Nouwen sê duidelik dat ons moet brokenness befriend eerstens en tweedens put brokenness under the blessing. In talle 12 stap genesings programme (baie naby aan Travel Lite se beginsels) gebeur presies dit en dis waarom dit dan ‘n lewenswyse kan word!
Ons het aangegaan om in ons klein groepies te leer hoe Denial vir ons uitspel wat dit aan ons doen:
Disregard our feelings
Exhaust us
Never lets us grow
Isolates us from God
Alienates us from people
Lengthens our pain
En dis die storie! ‘n Stunning geseënde week vir julle, tot volgende week!!