Dagsê Mede Travel Lite reisigers!
So het ons ook weer aan die einde van nog ‘n siklus gekom! Vir die van julle wat die afsluiting 8 Mei gemis het gaan ons probeer vertel wat gebeur het sonder om julle te jaloers te maak omdat julle dit nie kon maak nie! (oogknip)
Ons wil net ‘n spesiale woord van dank aan Karin ons onverskrokke leier rig vir al haar moeite met die aand en natuurlik die mooi dekor! (Hoop daai spelling was reg?!). Karin namens ons almal baie dankie vir jou vir alles wat jy vir ons doen! Jy is die beste! Naas Liewe Jesus natuurlik! (glimlaggie en oë wat rol)
En dan vir die 4 wonderlike getuinenisse, baie baie dankie julle! Julle was great! Sonel van Wyk het vir ons vertel hoe sy deur Travel Lite haar menswaardigheid terug gekry het na ‘n erg damaging egskeiding. En as ons nou terug kyk kan ons sien hoe jy gegroei het, Sonel jy is vir almal van ons ‘n ware inspirasie! Jy kan trots wees op jouself en jy is ‘n great werktuig in die Here se hande! Liesl de Villiers het vir ons vertel hoe almal in haar familie aangeneem het sy studeer dan sielkunde so moet sekerlik nie issues hê nie! Wow wat ‘n wanopvatting! En Liesl het vir ons vertel hoe Travel Lite haar daarmee gehelp het, soveel dat sy weer die program gaan doen! Jippie!
Marina van Rensburg het ons vertel dat sy na etlike programme vir geskeides nog steeds onopgeloste goed gehad om mee te deel, waarmee Travel Lite haar pragtig gehelp het. En laastens het Alicia Labuschagne met ons gedeel dat sy as ‘n rebelse jong mens haarself tot losbandigheid en dwelms gewend het om die antwoord te soek. Sy kan Travel Lite beslis aanbeveel! En baie dankie aan almal van julle wat so dapper was om julle stories met ons te deel! Veral Alicia, sjoe dit vat baie moed en ek dink jy is een bitterlike dapper meisie! Ons is almal baie trots op jou! En ek glo Liewe Jesus beslis ook.
En dan moet ons darem ook vir Dieter Voigt (ja meisies van Pasella en ons weet hy’s mooi – hoe moet ek en Lappies nou nie voel nie?! Ha ha) ook baie dankie sê dat hy aanbieder gespeel het vir ons!
En dan was ons gasspreker vir die aand Cassie Carstens wat vir ons klomp skriftuurlike bewyse gegee het dat God ons beslis nie gemaak het om alleen te wees nie, dis ‘n kwessie van ons is gemaak om en nie ons behoort so en so te wees nie! Cassie dankie ook dat jy van jou waardevolle tyd so naby aan sokker afskop aan ons kom afstaan het! Jou boodskap was ‘n regte blessing!
En hou asseblief maar vir Travel News dop vir verdere verwikkelinge en gesels asseblief met ons en mekaar op Travel Chat! Travel Lite is ‘n deurlopende proses, anders sou daar ‘n toets aan die einde wees! Hie hie!
Blessings vir julle tot volgende keer
James