Diensopnames 2010
Ons het weer begin om die dienste op 'n Sondag op te neem en op Churchadventure beskikbaar te stel.
Die dienste kan hier in mp3 formaat afgelaai of sommer gekyk word. Alle video opnames is natuurlik by Vredelust.TV beskikbaar. Die argief van diensopnames vir 2009 kan ook nogsteeds hier gevind word.
Ons beplan verder groot dinge vir 2010! Binnekort behoort Vredelust se dienste lewendig oor die internet uitgesaai te word. Wie het ooit gesê 'n NG Kerk kannie cool wees nie?
Hou die aankondigings vir verdere nuus dop...