Net as jy vergeet het!
Die visie van Vredelust is om lewens en gemeenskappe te verander. Gemeente- en gemeenskapsbetrokkenheid is dus 'n groot deel van ons gemeente. Daar is verskeie projekte waaraan ons werk, en waarby ons betrokke is. Jy kan ook betrokke raak!
Vrywilligers is elke individu wat vrylik van hulself, hul tyd en selfs hul finansies gee om ander te help om meer te word as wat hul ooit kon droom of hoop. Vrywilligers is nie net die hartklop van Vredelust in die kerk nie, maar Jesus se hartklop in hierdie wêreld.
Hoe kan ek betrokke raak?
Vul die Vrywilligers Vraelys hier in en ons sal jou help om ook jou plekkie in Vredelust te vind...