Ons dierbare Oom Flip het vir ons die les oor magteloosheid aangebied. Oom Flip het begin deur ons te vertel van ‘n groot sielkundige konverensie in Vancouver Kanada waar ‘n professor omtrent die laaste lesing op die Vrydag middag laat moes aanbied na ‘n lang week. Hy is uit die gehoor begroet met talle: Keep it short mate krete.
Die ouerige kort professor het die verhoog betree deur te sê: Ladies and gentlemen, I’m here to talk to you about sex. It gives me great pleasure. En toe gaan sit hy!!!
Oom Flip reken dat magteloosheid net so van selfspreekend kan wees en hy net so wel dieselfde doen. Niemand wil graag erken dat hulle magteloos is nie. Ons moet egter ter wille van genesing en poog om dit deur Travel Lite materiaal aan te spreek. Ons moet besef dat ‘n probleem sonder ‘n naam ook nie ‘n oplossing het nie. Jesus leer ons in Mattheus 5 dat jy gelukkig is as jy weet hoe afhanklik jy van God is. Jesus is slim en hy noem dit nie magteloosheid nie, ons moet egter besef en erken dat ons wel magteloos is. Soos magteloos soos om jouself aan jou skoenfeters te probeer optel.
Ons kan slegs genesing ervaar as ons aan die einde van onsself kom en besef ons is magteloos. Hoe doen ons dit?
POWERLESS se akroniem spel soos volg die stappe uit:
Pride moet ons van ontslae raak. Met trots dink ons ons is beter as wat ons is.
Only if’s. Ons moet ontslae raak van die het ek maar net gevalle.
Worry. Ons kan niks aan gister en môre doen nie, ons het net vandag. Om te worry het net te doen met ons môre.
Escape. Ons het nie dan meer ontvlugting nie, want ons kan nie van onsself vlug nie.
Regret. Dit help nie ons blameer ander nie.
Loneliness is ‘n keuse. As ons ander mense help, gaan ons ophou eensaam wees!
Emptyness. Hierdie leegheid is om sommer net gatvol te voel in Oom Flip se woorde. Dis soos om te voel ons kan nie van ‘n slagyster ontslae raak nie.
Selfishness. Dit gaan meestal oor me, I and myself! Hoeveel keer bid ons en ons vra net goed vir God? Hoe min prys ons Hom en sê dat ons Hom lief het?
Seek help, ons moet besef God was nooit weg nie, Hy is altyd daar soos in Ps 23.
‘n Baie geseënde week vir julle! Tot volgende keer!