Wat is Vredelust Connect?
Het jy al connect met ander gelowiges in Vredelust? Indien jy nog nie ingeskakel het by ‘n kleingroep nie, of jy wil aansluit by die gemeente is Vredelust Connect net die ding vir jou. Dis ‘n lekker informele geleentheid van twee ure, wat aan jou die geleentheid bied om ander mense in die gemeente te ontmoet, en ook sommer net daar en dan in te skakel by ‘n kleingroep. Indien jy nuut is in Vredelust of al ‘n tydjie hier aanbid, maar nog nie voel dat jy lekker jou plek gevind het nie, is dit die ideale plek om te begin.
Volgende Geleenthede
Datum: Sondag 19 September 2010
Tyd: 11:00 - 13:00
Plek: Durbanville Conference Centre
Moet ek voor die tyd inskryf?
Ja, ons wil graag vir jou verversings verskaf, so hoewel die geleentheid gratis is wil ons vra dat jy 'n inskrywingsvorm sal voltooi voor die tyd. Inskrywingsvorms sal elektronies beskikbaar gestel word voor elke geleentheid.
Jy kan hier inskryf.
Vir verdere navrae kontak Christell King by cking@churchadventure.co.za.