Monday, February 06, 2012
   
Bybel in 365 Dae

Ons het spesiale toestemming van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika gekry om hulle Eenjaar-leesprogram te gebruik op Churchadventure. Die Eenjaar-leesprogram is opgestel om iemand te help om die Bybel in 365 dae deur te lees.

As jy al ooit die Bybel van hoek tot kant wou lees, of weer wil lees is hierdie 'n goeie geleentheid. Die stukkie vir die dag sal elke dag op die Tuisblad gewys word. As jy agter geraak het, of 'n ouer stukkie weer wil lees kan jy dit hier vind.