|
Dec
26
Written by:
Leon Oosthuizen
Sunday, December 26, 2010
Baie glo nie in nuwejaarvoornemens nie. Baie glo ook nie daarin om te deel met dinge van die verlede nie - hulle verkies om maar net aan te gaan so goed as moontlik. 'n Sleutelvers vir my hier aan die einde van 2010 is Filippense 3:13 Ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Ek wil in die volgende week sommer nadink oor wat dit vir my beteken hier aan die einde van die jaar.
4 comment(s) so far...
Re: Ou Jaar Nuwe Jaar
Hier teen die einde van die jaar was my lessenaar by die huis tot oorlopens toe vol met alles wat deur die jaar daarop neergesit is en nooit verwyder is nie of omdat daar nie tyd was nie, of omdat ek gedink het dis belangrik om te hou. Toe ek besluit om 'n bietjie op te ruim, kom ek agter dat baie van die dinge wat daar rondlê uitgedien en onnodig is en kon ek plek maak vir die nuwe jaar se dinge. Die klomp boeke, tydskrifte en ander dinge wat op my lessenaar was het ook gemaak dat 'n klomp stof begin versamel het en wat afgevee kon word toe daar opgeruim is. Ek besef net dat dit is 'n prentjie van hoe my lewe ook hierdie jaar was en dat opruimingswerk nodig is, en aan die einde van elke jaar nodig sal wees. Die pas van die lewe is sodanig dat ons gewoonlik nie daarby kom nie en daar later nie meer plek is vir nuwe dinge en drome nie.
By Leon on
Monday, December 27, 2010
|
Re: Ou Jaar Nuwe Jaar
Ou jaar nuwe jaar het veral met drome te doen, onvervulde drome, nuwe drome...en tog leef baie so droomloos. Koos van der Merwe het die volgende hieroor te vertel:
droomloos
hy is in germiston gebore ver van onder ver van bo vir min is hy beskore soos gemiddeldes maar glo
o hy's droomloos in die lewe hy's droomloos klein hy's droomloos groot hy's droomloos in die lewe en hy's leweloos voor sy dood
sy naam is nêrens sleg nie vir niks teen niks geveg nie en hy het sekuriteit stabiliteit en annuïteit 'n tragiese gebrek aan aktiwiteit hy's droomloos
o so droomloos op skool verdwyn in uniform in die kerk gekwyn onder plig en norm sulke goeie maniere so min avonture hy's verantwoordelik behoorlik en droomloos
hy's in germiston gebore hy was daar klein hy was daar groot hy's in germiston gebore en daar is hy ook dood
By Leon on
Wednesday, December 29, 2010
|
Re: Ou Jaar Nuwe Jaar
'n Droom (of: 'n visie) is nie maar net 'n goeie voorneme of wens nie. 'n Droom is amper soos 'n idee of plan - iets wat rigting aan jou lewe gee, iets wat jou vorentoe trek. As gelowiges is dit vir ons belangrik om saam met God te droom vir ons lewe, wat sy plan vir ons is, want ons lees in die Bybel dat Hy vir ons goeie dinge beplan. Hy wil dat ons ons potensiaal bereik, dit wat Hy in ons ingebou het. En dit sal ook deel wees van die koms van sy koninkryk op hierdie aarde. Hy betrek ons daarby, maak ons deel daarvan. Ou jaar Nuwe jaar is 'n goeie tyd om hieroor na te dink!
By Leon on
Thursday, December 30, 2010
|
Re: Ou Jaar Nuwe Jaar
Baie van die sms-boodskappies hier rondom Kersfees/Nuwe jaar is maar lig in die broek en beteken nie veel nie. Hierdie een wat ek gister gekry het, is nogal die moeite werd om na te kyk: “Today, many people smoke their last cigarette, take their last drink and swear their last oath. Tomorrow, we will be a pious and exemplary community. A month from now, many will have cast their reformation to the winds and gone to cutting their ancient shortcomings considerably shorter than ever. You know the saying: “The road to hell is paved with good intentions and new year’s resolutions” Many people look forward to the new year for a new start on old habits. A New Year's resolution is something that goes in one year and out the other.” Many years ago I made a New Year resolution never to bother with New Year's resolutions again and I've stuck with it ever since. The optimist stays up until midnight to see the New Year in. The pessimist stays up to make sure the old year leaves. Year's end is neither an end nor a beginning but a going on, with all the wisdom that experience can instill in us. We tend to spend January 1 walking through our lives, room by room, drawing up a list of work to be done, cracks to be patched. Maybe this year, to balance the list, we ought to walk through the rooms of our lives... not looking for flaws, but for potential. Every man should be born again on the first day of January. The object of a New Year is not that we should have a new year. It is that we should have a new soul and a new heart, new feet, a new backbone, new ears, new eyes, new love and a new compassion. Start with a fresh page, face to the front and the eyes upon Jesus our savior, leader and our example. Rather think in terms of each day's resolutions, not the year's. My dear friends, our God is exactly who He says He is. So relax, be thankful for what has been in the past year and enjoy the last hours of 2010 ”
By Leon on
Saturday, January 01, 2011
|
|
|