|
Dec
8
Written by:
Leon Oosthuizen
Wednesday, December 08, 2010
Weet iemand nog hoe lyk die ware egte Kersfees? Dit word wyd en syd, oral oor die wêreld gevier, selfs mense van elke soort godsdiens. En veral deur hulle wat nie eers godsdienstig is nie, maar deel is van die verbruikersgodsdiens soos dit genoem word. Ek lees die volgende daaroor geskryf deur Stefan Joubert:
Voel Kersfees vir jou soos 'n heilige dag? Besig wees en materialisme trek nie net ons aandag af van die dinge wat werklik belangrik is nie, maar is tans die dryfveer vir die koorsagtige waansin van die weke voor Kersfees. Tragies, maar die geboorte van Jesus is tans ook die heiligste dag van die oorheersende godsdiens van die mens vandag — die verbruikersmentaliteit.
Kry meer uit die lewe, volkome vervulling is moontlik — en ons verdien dit. Hoekom wag as ons nou reeds alles kan kry? Ons lees hierdie dinge elke dag. Ons kan ons droomhuis koop met feitlik geen deposito nie ... en so kan 'n mens aangaan met karre en flat screens. En ons hoor: dit is die ware lewe. Beteken dit dat ons nou tevrede is? Nee. Daar is altyd 'n groter huis, kar, TV ... Ons jaag hier droom na en vind uit dat ons nooit tevrede kan wees nie. Dan begin ons maar weer voor met die resies.
16 comment(s) so far...
Re: Kersfees O Liewe Kersfees
Bono en U2 kom Februarie Kaap toe en dit gaan 'n baie groot gebeurtenis wees. kyk bietjie hoe dink hy oor Kersfees. Die volgende nadenke van Bono het plaasgevind net nadat hy tuis gekom het van ‘n lang toer met U2. Op Kersaand het Bono na die bekende St. Patrick’s Katedraal gegaan. Blykbaar het hy nie ‘n goeie sitplek gekry nie, een wat deur ‘n pilaar versper was, wat dit nog moeiliker vir hom gemaak het om sy oë oop te hou. Maar dit was hier wat die Kersfees-storie hom getref het soos nog nooit te vore nie.
“The idea that God, if there is a force of Logic and Love in the universe, that it would seek to explain itself is amazing enough. That it would seek to explain itself and describe itself by becoming a child born in straw poverty, in shit and straw…a child… I just thought: “Wow!” Just the poetry … Unknowable love, unknowable power, describes itself as the most vulnerable. There it was. I was sitting there, and it’s not that it hadn’t struck me before, but tears came streaming down my face, and I saw the genius of this, utter genius of picking a particular point in time and deciding to turn on this.”
By Leon on
Thursday, December 09, 2010
|
Re: Kersfees O Liewe Kersfees
Vir my is Kersfees lank nie meer oor die geskenke nie maar 'n tyd wat mens wil skep van familie en vriende saam en net regtig 'n liefdevolle feestyd. Ek het nie verstaan waaroor kersfees gaan tot 'n paar jaar terug nie en dink ek sukkel nogsteeds om te begryp presies hoe groot 'n ding Jesus vir ons gedoen het. Ek sit nog elke jaar die kersboom op en raak verlore in die liggies wat flikker wanneer die lig afgeskakel is en weet dat daar iets mooi is om te vier en solank ek weet waaroor dit gaan sal ek nie vasgevang word in die verbruikersmentaliteit nie.
Die week in ons selgroep het iemand "Little drummer boy" gespeel. Dis 'n lied wat jy altyd in die winkels hoor die tyd van die jaar en een wat niks vir my beteken het nie. Ek het Woensdag vir die eerste keer na die woorde geluister en daar gesit met 'n knop in my keel.
Come they told me, pa rum pum pum pum A new born King to see, pa rum pum pum pum Our finest gifts we bring, pa rum pum pum pum To lay before the King, pa rum pum pum pum, rum pum pum pum, rum pum pum pum,
So to honor Him, pa rum pum pum pum, When we come.
Little Baby, pa rum pum pum pum I am a poor boy too, pa rum pum pum pum I have no gift to bring, pa rum pum pum pum That's fit to give the King, pa rum pum pum pum, rum pum pum pum, rum pum pum pum,
Shall I play for you, pa rum pum pum pum, On my drum?
Mary nodded, pa rum pum pum pum The ox and lamb kept time, pa rum pum pum pum I played my drum for Him, pa rum pum pum pum I played my best for Him, pa rum pum pum pum, rum pum pum pum, rum pum pum pum,
Then He smiled at me, pa rum pum pum pum Me and my drum.
By Gerda on
Friday, December 10, 2010
|
Re: Kersfees O Liewe Kersfees
Ek lees op die oomblik die nuwe boek van Nelson Mandela “Conversations with myself” en wonder toe hoe hy Kersfees beleef het in die trunk – 27 Kersfeeste! Ek loop toe die volgende in sy boek “Long Walk to Freedom” raak: “What Sundays were to the rest of the week, Christmas was to the rest of the year. It was the one day on which the authorities showed any goodwill towards men. We did not have to go to the quarry on Christmas Day, and we were permitted to purchase a small quantity of sweets. We did not have a traditional Christmas meal, but we were given an extra mug of coffee for supper. The authorities allowed us to organize a concert, hold competitions and put on a play. The concert was the centerpiece. Selby chose the songs, arranged the harmonies, selected the soloists and conducted the performance. The concert took place on Christmas morning in the courtyard. We would mix traditional English songs with African ones, and include a few protest songs – the authorities did not seem to mind or know the difference. The warders were our audience, and they enjoyed our singing as much as we did.”
By Leon on
Friday, December 10, 2010
|
Re: Kersfees O Liewe Kersfees
Ek kry hierdie e-pos in die week: "Leon, Ek het hierdie brief van ‘n vriendin gekry. Dit gaan oor kersfees...Met alles in my wil ek gehoorsaam met God lewe om Sy seen oor my lewe te hê. Die epos werk so effens op my maagspiere want sommige stem ek mee saam maar ander dra ek geen of wynig kennis van. Net gewonder of jy al met dit gekonfronteer was en hoe jy hieroor voel. Ek weet jy soek allermins altyd God se wil in jou lewe ook. Groete in Christus,"
In kort het haar vriendin die volgende geskryf: "Ons gesin het die ongewilde keuse gemaak en sal nie meedoen aan enige vorm van kersfeesviering nie want ateiste doen dit ook. Jy wonder seker wat ons gaan doen op 25 Des? Ek het nog geen idee nie!! :-)"
Ek het haar min of meer soos volg geantwoord: Gelowiges kom kort-kort met allerhande sieninge na vore wat 'n element van waarheid het maar op die ou end eensydig is en mense terugneem na wettisisme, soos die huidige "Shabbat-feesvieringe" van sommiges. Ek dink nie die manier om die verbruikerselement wat rondom Kersfees ontstaan het moet ons as Christene laat onttrek uit die wereld nie, dan sal Christene later uit alles moet onttrek bv sport, kuns, ens. Ons familie, vriende en almal daarbuite sal ons nie meer verstaan nie en ons sal sout raak wat laf geword het. Kom ons as gelowiges vier eerder Kersfees, die boodskap van Jesus - God wat aarde toe gekom het en die een wat ons volg, op 'n sobere, waardige en nederige wyse sodat almal kan sien Kersfees is in my hart eerder as in die kersbome en liggies. Maar kom ons geniet die tyd saam met ons families en vriende en kyk ook hoe ons kan uitreik (vlees word) onder hulle wat behoeftig en uitgeworpe is.
By Leon on
Saturday, December 11, 2010
|
Re: Kersfees O Liewe Kersfees
Ek stem saam met Leon na Sondag se diens. Dit is nie 'n oplossing om sommer net nie meer Kersfees te vier want ons stem nie saam met die res van die wereld wat dit vir redes vier waarmee ons nie saamstem nie. Ek glo ons moet dit vier omdat ons juis weet waaroor dit gaan- dit is inderdaad 'n tyd om onvoorwaardelik lief te he!! Om almal om ons, maak nie saak wie of wat hulle is nie net lief te he en dit in ons normale lewens toe te pas selfs nadat Kersfees verby is!!
By Louise on
Monday, December 13, 2010
|
Re: Kersfees O Liewe Kersfees
Die gee van geskenke ontlok nogal gemengde gevoelens by my. Aan die een kant onthou ek nog my blink oë as 'n kind - die opgewondenheid en afwagting rondom geskenke, die ure se genot, veral as jy net met die basiese grootgeword het. Toe ek nou eers groot geword het, het die hele verbruikersmentaliteit en geldmaak rondom Kersfees my begin pla. Vandag gee ons as gesin nog geskenke, maar iets klein en sinvol vir die gedagte dat gee deel is van die sentrale boodskap van Kersfees. Ek dink soberheid rondom gee van geskenke is daarom net so belangrik want baie keer is (uitspattige) presente 'n poging om te probeer regmaak waar daar gebrek aan liefde is. “Presents,” I often say, “endear absents.” —Charles Lamb, Essays of Elia
By Leon on
Tuesday, December 14, 2010
|
Re: Kersfees O Liewe Kersfees
Die verhaal van die sg "wyse manne" of sterrekykers het waarskynlik 'n groot rol gespeel in die vestiging van 'n tradisie van geskenke rondom Kersfees (behalwe natuurlik dat in die Bybelse verhaal die geskenke aan Jesus gegee is!). Hier is sommer 'n interessant iets wat ek raakgeloop het: "There is a beautiful legend about the three Wise Men who followed the star to Bethlehem. It seems that one of them was a young man, and in his youthful idealism he looked for a King. He carried gold, a fitting gift for royalty. Another was middle-aged, and to satisfy the deep questions that disturbed his maturing mind, he longed to find God. His gift was frankincense with which to worship God whom he hoped to find. The third was aged, with many a sin-stained year behind him; he longed to discover a Saviour. Feeling that his Saviour must be a sufferer, he took with him a gift of healing myrrh." —Gerald M. Ward
By Leon on
Tuesday, December 14, 2010
|
Re: Kersfees O Liewe Kersfees
God kan hoogmoedige mense eenvoudig nie uitstaan nie. Sy Seun kom in nederigheid na die aarde, so is dit al deur die profeet in die Ou Testament voorspel: “Kyk, jou koning kom na jou toe. Hy is regverdig en ’n oorwinnaar, maar tog is hy nederig. Hy ry op ’n donkie, die vul van ’n donkie (Sagaria 9:9). Mense wat op ander trap moet daarom nie dink dat hulle enige goeie behandeling van Hom te wagte kan wees nie. Die Here kyk by die arrogantes verby en sien al die nederiges onder hulle voete raak. Daarom dat Maria in Lukas 1 'n loflied kan sing omdat God haar in haar geringheid opgemerk het. Hy tel mense soos sy op uit die stof. God bewys ewige eer aan geringe mense wat klein voor Hom is. Sy voet rus nie op hulle nekke nie. Daarom het die frase “God is attracted to weakness” vir my ‘n kernbeginsel in my lewe geraak
By Leon on
Thursday, December 16, 2010
|
Re: Kersfees O Liewe Kersfees
Wat mens met Kersfees maak, is soos enige ander geleentheid. Dit is jou liefde vir die Jesus wat jou verlos het van jou sonde en jou 'n nuwe mens gemaak het, wat bepaal hoe jy na Kersfees kyk en hoe jy dit gaan vier. Ek het nou onlangs na 'n preek geluister waar die vraag was of jy met toe oë in Jesus se lig staan en dit het my laat besef hoe maklik mens met toe oë voor die wonderwerk van 'n God wat so na aan ons wou kom, staan. Ek het my voorgeneem dat die Kersfees 'n tyd van hertoewyding sal wees. Hertoewyding aan God, Hertoewyding om Jesus liefde aan my familie en vriende oor te dra en veral liefde aan die mense wat nie Jesus-liefde ken nie.
By Wilma on
Thursday, December 16, 2010
|
Re: Kersfees O Liewe Kersfees
So ‘n paar jaar gelede was hier in die gemeente ‘n vrou wat ‘n groot probleem met Kersfeesbome gehad het. Volgens ‘n lering wat sy my gewys het, is kersfeesbome van die duiwel af en is daar reeds in Jeremia teen sulke bome geprofeteer. Die probleem was dat ons ‘n kerksfeesboompie voor in die ouditorium gehad het waaraan gelowiges bydraes kon hang vir arm kinders in Khayelitsha. Sy en haar man het geweier om dienste by te woon totdat die boom verwyder is. Nodeloos om te sê dat ek die boom ekstra lank daar laat staan het! Hoekom? Omdat in die Christelike tradisie wettisisme en uiterlike reëls baie keer harder gepraat het as dit wat God se hart reflekteer – kyk maar net na die stryd wat Jesus gehad het teen die Skrifgeleerdes en die Fariseërs. Die Jesus van Kersfees het gekom om ons vry te maak (vgl Lukas 4:18-19). Paulus verklaar dan ook sterk dat ons as gelowiges vas moet staan in hierdie vryheid en ons nie weer onder ‘n slawejuk moet laat indwing nie (Galasiërs 5:1-2). Vir diegene wat bietjie wil nalees oor die ontstaan van die Christelike gebruik van die kersboom, wat waarskynlik in die 16de eeu plaasgevind het, gaan kyk gerus na die volgende webtuistes: www.eldrbarry.net/mous/saint/xmastree.htm, www.theholidayspot.com/christmas/history/xmas_tree.htm, www.christmastreehistory.net/christian. Wanneer ons gebruik maak van kersfeesbome, laat dit dan ook ons gesindheid oor kerksfees reflekteer!
By Leon Oosthuizen on
Friday, December 17, 2010
|
Re: Kersfees O Liewe Kersfees
manger, a box or trough, usually carved from stone, used for the feeding of animals (cf. Luke 13:15) [Harper’s Bible Dictionary] Hierdie “manger”, of krip, is oral gekry waar diere aangehou was – in ‘n laer deel van die huis, of in ‘n grot naby die huis, of selfs in ‘n vertrek onder die huis. Dit was in so ‘n krip waar die babatjie Jesus neergelê is en in geslaap het. Die krip is die begin van die Jesus-verhaal, die krip van nederigheidheid en eenvoud is nodig om by die kruis uit te kom – daar waar elke waar volgeling van Jesus behoort te wees: “As jy weier om jou kruis op jou skouers te neem en My te volg, verdien jy nie om een van my mense te wees nie. As jy selfsugtig aan jou eie lewe vasklou, sal jy dit verloor. Maar as jy dit ter wille van My opoffer, sal jy werklik voluit lewe.” Mat 10:38-39 NLV
By Leon on
Sunday, December 19, 2010
|
Re: Kersfees O Liewe Kersfees
Die engel het Josef gesê dat die seuntjie wat vir Maria gebore sou word “Jesus” genoem moes word. Dis die Griekse vorm van “Josua” wat beteken “die Here red”. Kerstyd wil ons vier laat dink aan ons redding. Dit wil ons laat feesvier oor die feit dat ons nie onsself kan (of hoef) red nie – Hy alleen is die een wat dit kan doen. Ons redding kan so vanselfsprekend en gewoon raak…raak ons nog opgewonde en bly oor hierdie grootse saak wat ten diepste ons hele lewe bepaal? Geen wonder dat van die grootste liedere rondom Kersfees gekomponeer is en gesing word – inderdaad “Joy to the world!”
By Leon on
Tuesday, December 21, 2010
|
Re: Kersfees O Liewe Kersfees
Die Bybel is duidelik dat dit ‘n “maagd” was wat swanger geword het met Jesus. In sommige teologiese en ander kringe word hierdie soort wonderwerke bevraagteken omdat slegs dit wat rasioneel aanvaarbaar en wetenskaplike verklaarbaar is, geglo word. Die wonderwerk van ‘n maagdelike geboorte is ‘n sentrale Skrifwaarheid omdat dit ten nouste saamhang met wie Jesus is en hoekom Hy na die aarde gekom het. In talle fassette van die Kersgebeure kry ons die bonatuurlike wat inspeel in die natuurlike realm – dis inderdaad die sentrale punt van Kersfees: ‘n bonatuurlike God wat ‘n natuurlike mens word. Daarom kan Jesus ons Verlosser wees en ons inneem in die bonatuurlike dimensie van lewe. Hoe great is dit nie!!
By Leon on
Thursday, December 23, 2010
|
Re: Kersfees O Liewe Kersfees
Kersfees kom en Kersfees gaan!! Mag dit vandag soos elke ander dag Kersfees in ons harte wees. Die uitdaging is sekerlik dat ons elke dag WEER die GEBOORTE van Jesus herleef. My geskenk aan jou is 'n gebed dat jy geloof sal hê om Jesus intiem te leer ken en Hom lief te hê.
By Tertius on
Saturday, December 25, 2010
|
Re: Kersfees O Liewe Kersfees
Wat 'n pragtige Kersoggend in die Kaap! Die vreugde oor 'n Verlosser is iets wat nie weggeneem kan word deur niks nie! Maar my hart is gister en vanoggend aangeraak deur die pyn wat ook in die Kersverhaal is. Saam met Jesaja se jubelende voorspellings oor 'n Messias wat gebore sou word, kry ons ook die hartseer voorspelling van Jeremia: "In Rama word daar ’n gehuil gehoor van mense wat diep bedroef is en treur. Ragel huil oor haar kinders. Sy wil haar nie laat troos nie, want hulle is almal dood.” (Mat 2:18 NLV). Ek staan in 'n ry in die supermark en hulle moes 'n pastei terugvat omdat die persoon nie genoeg geld het vir 'n koeldrank en pastei nie. 'n Vrou huil by my deur laat in die aand dat sy honger is terwyl ek besig is om te eet van bakke kos wat oor is van vorige dae... Mag ons hoor en sien op Kersfees...en iets probeer doen waar ons kan!
By Leon on
Saturday, December 25, 2010
|
Re: Kersfees O Liewe Kersfees
Hoe interessant was dit nie vir my om die volgende "The spirit of Christmas" op News24 te sien nie! Gaan gerus na die volgende link: www.news24.com/AudioSlideshows/World/The-spirit-of-Christmas-20101224 Op vier na was al die slides oor Santa - dit lyk of dit vir die meeste die gees van Kersfees reflekteer. Daar is darem vier slides oor die "nativity story", di egeboorte van Jesus Christus. Santa vs Jesus?!!
By Leon on
Friday, December 31, 2010
|
|
|