Saturday, May 19, 2012
   
Media Blogs
Blogsoek
Vertoon Blogs
Sep 28

Written by: Andries Johannes Combrink
Tuesday, September 28, 2010  RssIcon

September... dis heerlike Lente, die Winter's verby... behalwe as jy soos ons in die Kaap woon. Wie kan 'n Lentedag onthou waar dit nie gereën het nie? Dalk moet ons begin sing, dis ampertjies Lente...

Vir Septembermaand het die Social Club Constantia Nek gaan uitklim. Die oggend het briljant begin met die sonnetjie wat geskyn het. Dit was nou hier in die groter Bellville area. Aan die anderkant van die berg was ek gou bly ek het 'n warm ding saamgeneem.

Ons was so omenby dertig wat vroeg by die voet van die klim bymekaar gekom het met musiek wat van oorkant die pad na ons toe aangesweef het. (Ek dink dit is dalk 'n 21st waar niemand besef het Saterdag het aangebreek nie.)

Dit is moeilik om te beskryf hoe mooi dit van die berg af is. Jy klim vir 'n paar honderd meter en gaan staan eenvoudig net om alles in te neem wat jy sien. Naby die top het die mis ons begin toevou en nie lank daarna nie het die reën begin uitsak. Ons het maar iewers skuilplek gesoek en laat oggendete/midagete geëet saam met 'n grappie of twee. Daarna was dit weer die groot aftog met die musiek wat nogsteeds vir ons gewag het toe ons terugkom by die motors.

Weereens dankie vir almal wat hierdie 'n wonderlike Saterdagoggend gemaak het.

My gedagte vir September het te doen met die aanvaarding van veranderwoordelikheid. Die Bybel lê 'n groot klem op groei met die doel om volwasse te word in jou liggaam, gees en verstand. Hoekom? Want spruitjies kan nie vrugte dra nie... net plante wat volwasse is. En is dit nie opvallend dat Paulus, sy groot gedeelte oor die liefde in Korintiërs 13 eindig met sy stelling dat nou dat hy 'n man is, is hy klaar met die dinge van 'n kind nie? Met ander woorde, daar is 'n verband tussen volwassenheid en liefde.

'n Teken van volwassenheid is die aanvaarding van verandwoordelikheid. Aan die een kant om jou verandwoordelikhede getrou na te kom, maar ook om verandwoordelikheid te neem vir die uitdagings, probleme en tekortkominge in jou lewe. Persone wat altyd iemand anders te blameer het vir enigiets wat fout gaan wys hul onvolwassenheid, en die Bybel sê sulke mense is besig om hulself te bluf. Maar bygesê, ons hoef ook nie neuroties te wees en te voel elke liewe ietsie wat fout gaan is ons skuld nie. Dít is ook nie waar nie! Mense wat nooit verandwoordelikheid vir hul lewens en dade aanvaar nie, is genyg om ander mense te vertrap, en mense wat die skuld van die wêreld se laste en probleme onnodig aan hulself toeskryf is genyg om vertrap te word.

Dit verg dus wysheid en dapperheid om verandwoordelikheid vir jou eie lewe te aanvaar. Maar om jou lewe te trotseer en uitdagings direk aan te spreek is altyd die korste pad na sukses, die meeste groei en eindelik 'n meer gelukkige bestaan...

Volgende maand is die Social Club weer besig met opwindende dinge... en nou dat dit warmer word, raak dinge net al beter.

Tags:
Categories:

2 comment(s) so far...


Gravatar

social club

andries hoe sluit mens aan by die club?

By marina on   Tuesday, October 26, 2010
Gravatar

Re: September - Constantia Nek Stap

Marina - Op die Social Club se bladsy (Bediening/Social Club) is 'n skakel vir 'n vorm wat jy kan invul. Hierdie vorm maak seker dat jy op ons mailing list kom. Daarna sal jy altyd betyds hoor van al die nuwe dinge wat ons beplan. Bywoning van elke geleentheid is opsioneel, so jy kan die aktiwiteite doen waarvan jy hou. Ons doen dit natuurlik vir die social, nie noodwendig die aktiwiteite nie...

By Andries Johannes Combrink on   Wednesday, October 27, 2010

Your name:
Gravatar Preview
Your email:
(Optional) Email used only to show Gravatar.
Your website:
Title:
Comment:
Add Comment   Cancel