Sunday, May 20, 2012
   
Media Blogs
Blogsoek
Vertoon Blogs
Oct 15

Written by: Martin Coetzee
10/15/2010 11:21 AM  RssIcon

Selgroepe is FUN, en dis 'n plek om diep geestelike dinge te share en beleef. So waar lê die lyn tussen fun en geestelik? 

Selgroepe (kleingroepe/huiskerke/noem dit wat jy wil) is die hartklop van Vredelust. Dis 'n plek vir mense om "saam te journey" op pad na 'n dieper verhouding met die Here en 'n dieper ervaring van "community". In groepe wat lekker werk is daar 'n gesonde mix van pret en plesier en ook diep geestelike oomblikke en tye waar die Heilige Gees mense diep aanraak en ouens mekaar bedien.

Om die balans tussen die twee dinge reg te kry is nie altyd so maklik nie. As dit te veel fun en te min geestelik is groei mense nie noodwendig nie - en as dit die heeltyd swaar en geestelik is verloor jy die sin van community en vorm daar nie egte spontane vriendskappe nie.

Kom ons ruil bietjie gedagtes uit oor wat lekker werk en hoe om die mix tussen fun/geestelik reg te kry.

Tags:
Categories:

4 comment(s) so far...


Gravatar

Re: Die balans tussen FUN en GEESTELIK

Ons het twee jaar gelede aangesluit by 'n sel groep en dit het 'n baie groot impak op ons geestelike groei gehad. Nie net het ons nuwe vriende gemaak nie, ons het FAMILIE bygekry! 'n Familie wat jou lief en leed met jou deel en jou "arms omhoog" hou wanneer jy deur moeilike tye gaan. Ons sel groep leier, Dirk en sy vrou Thana is vir ons so 'n inspirasie en ware voorbeeld van wat dit is om in God se Koninkryk te deel. Ons is as selgroep baie aktief met elke nuwe tema wat ons behandel en ons leef dit prakties uit. Ons het sop-aande waar ons vir die straatmense gaan bedien by die stasie in Bellville, aktief betrokke by die Love Day projekte in Khayelitsha, en sommer net lekker bymekaar kom geleenthede waar ons kan onstpan en deel. Dit leer ons die balans van fun he terwyl ons geestelik groei. Dankie Vredelust gemeente vir die wonderlike fondasie waarop ons elkeen kan bou!

By Liza on   10/19/2010 9:10 AM
Gravatar

Re: Die balans tussen FUN en GEESTELIK

Ek dink om fun te hê in 'n selgroep is baie belangrik en vorm deel van wat dit beteken om in 'n selgroep te wees. Daar het 'n groot shift in ons groep gekom toe ons saam begin eet het. Ons het mekaar beter leer ken en mekaar op 'n ander vlak beter leer ken. Ons het aande wat ons as groep gaan fliek of ons gaan kyk rugby by Nuweland. Dit is waneer sel nie net 'n "Woensdag ding" raak nie, maar dat ons regtig vriende is vir mekaar. Dit skep geleentheid vir mense om mekaar te vertrou, waar mense gemaklik kan raak om dinge te deel waaroor hulle graag wil gesels. Ons moet definitief nie die geestelike deel afskeep nie, dit is tog die grootste deel waaroor huiskerk gaan. Soos alles in die lewe moet daar 'n balans wees.

By Sonja on   10/19/2010 4:08 PM
Gravatar

Re: Die balans tussen FUN en GEESTELIK

Wat ek ook kan by sê oor geestelike groei. Die handleiding wat ons kry is regtig awesome, die gesprekke en stellings wat ons het in ons groep challenge jou om te groei, om te dink oor dinge waaroor jy nog nie voorheen aan gedink het, of dit challenge jou op manier waar jy moet verander oor sekere dinge.

By Sonja on   10/19/2010 4:11 PM
Gravatar

Re: Die balans tussen FUN en GEESTELIK

Die saameet ding werk nogal! Dit vra so bietjie organisering maar dis die beste manier om mekaar te leer ken en te sosialiseer. Om rondom kos te kuier is die lekkerste kuier!

By Andre on   10/21/2010 8:23 AM

Your name:
Gravatar Preview
Your email:
(Optional) Email used only to show Gravatar.
Your website:
Title:
Comment:
Add Comment   Cancel