|
Oct
14
Written by:
Karin Muller
Thursday, October 14, 2010
Daar het 'n groot deurbraak in my eie lewe gekom toe ek my Life Story met my groepie deel. Die Here het my na die wortel van al my 'simptome' (dinge wat huidiglik verkeerd loop in my lewe bv verhoudings wat nie uitwerk nie) gevat - totaal onverwags.
Hy het my kom wys hoe my pa se dood 9 jaar gelede nogsteeds 'n invloed op my lewe het. Hy het kom oopbreek hoe ek nie myself kan vergewe vir wat daardie tyd gebeur het nie en dat ek wil opmaak daarvoor binne verhoudings. En dit sonder dat ek dit beplan het....dit was glad nie op my life review nie! Maar God het bonatuurlik hierdie goed vir my kom openbaar. Dit laat my nou in 'n baie vulnerable en seer plek (die donker bos) en dit is glad nie lekker nie, maar daar is Hoop. Dit wat nou met my gebeur gaan nie vir ewig aangaan nie, maar deur Sy genesing gaan daar vryheid kom wat my vir altyd gaan los maak van dit wat my terughou.
Wat het jy ervaar die laaste 2 weke? Het jy 'n stuk van God se bonatuurlikheid beleef toe daar oop kaarte gespeel is oor jou lewe?
5 comment(s) so far...
Re: Hoe lyk jou Life Story?
hallo. ek het ook 'n groot issue in my lewe wat ek moet deur werk. en noudat ek my life review doen en die "wonde" oopkrap en skoonmaak. besef ek dit het my verder van God gehou deur die jare as wat ek besef het. die afgelope twee weke voel dit of ek nader aan God is. en dis die mees wonderlike gevoel ooit.
By Skuilnaam on
Friday, October 15, 2010
|
Re: Hoe lyk jou Life Story?
Hi, ek wil graag die volgende met julle deel. Dit laat my so dink aan my eie lewe, dat daar nie 'n "quick fix" is nie, maar met God se genade kan en sal ek die pad van genesing stap. Ek weet ook dat elkeen op die travel lite program deur God self uitgekies is om daar te wees, Hy wil elkeen van ons genees.
Lessons from a Butterfly
A man found a cocoon of an emperor moth. He took it home so that he could watch the moth come out of the cocoon. On the day a small opening appeared, he sat and watched the moth for several hours as the moth struggled to force it body through that little hole. Then it seemed to stop making any progress. It appeared as if it had gotten as far as it could and it could go no farther. It just seemed to be stuck.
The man, in his kindness, decided to help the moth, so he took a pair of scissors and snipped off the remaining bit of the cocoon. The moth then emerged easily. But it had a swollen body and small, shriveled wings. The man continued to watch the moth because he expected that, at any moment, the wings would enlarge and expand to be able to support the body, which would contract in time.
Neither happened! In fact, the little moth spent the rest of its life crawling around with a swollen body and shriveled wings. It never was able to fly. What the man in his kindness and haste did not understand was the restricting cocoon and the struggle required for the moth to get through the tiny opening were God's way of forcing fluid from the body of the moth into its wings so that it would be ready for flight once it achieved its freedom from the cocoon. Freedom and flight would only come after the struggle. By depriving the moth of a struggle, he deprived the moth of health.
Sometimes, struggles are exactly what we need in our life. If God allowed us to go through our life without any obstacles. He would cripple us. We would not be as strong as what we could have been.
How true this is! How many times have we wanted to take the quick way out of struggles and difficulties, to take those scissors and snip off the remaining bits in an attempt to be free. We need to remember that our loving Father will never give us more that we can bear and through our trials and struggles we are strengthened as gold is refined in the fire.
"May we never let the things we can't have, or don't have, or shouldn't have, spoil our enjoyment of the things we do have and can have." Don't focus on the things you DON'T have, enjoy each moment of every day God has given you. This is the day that the Lord has made. We will rejoice and be glad in it.
So let's take today, even with its struggles and make it a good day. Our loving Father God has given this day to me to use as best as I can. The struggles of life won't go away, but remember that God is allowing us to go through it for a reason.
By KONINGSKIND on
Monday, October 18, 2010
|
wynand se getuienis
julle vanaand het ek 'n getuienis van 'n GROOT man aangehoor wat my hare letterlik laat regop staan het. ekself het jare gelede baie betrokkenheid gehad by die onreelmatighede van 'n vorige regering en wynand het gedagtes kom oopmaak wat ek baie jare lank al wegbere. ek dink dit het ongelooflik baie moed van die groot man gevat om dit met ons te deel en ek wil net vir hom se ek is oneindig baie trots op jou. jy het my gewys mens mag maar vergifnis vra by God, en Hy sal jou skoon was witter as sneeu. mooi so wynand. hou jou kop hoog want jy WEET jou verlosser leef en Hy het jou oneindig lief. ek sou so graag persoonlik dit vir jou wou se, maar ken jou nie persoonlik nie, so nou moet die blog maar dien. jy is in my gebede en ek bid dat die deure van die verlede finaal toegemaak sal word, want die deur wat God toemaak bly vir altyd toe en geen mens, ook nie jy nie, sal dit ooit weer kan oopmaak. genade en vrede vir jou van ons Vader in die Hemel
By skuilnaam on
Tuesday, October 26, 2010
|
Wynand se getuienis
Dankie Wynand, jy is 'n man na God se hart!!
By blommetjie on
Thursday, October 28, 2010
|
Re: Hoe lyk jou Life Story?
Dagse mede-reisigers, God in the good times is still God in the bad times, God on the mountain is still God in the valley, God in the daytime is still God in the night. Ek het grootgeword in 'n disfunksionele huis. Na my ma se selfmoord het ek vroeg getrou OM uit my pa se huis te kom, weg van my broer 10 jr ouer as ek. Ek was die laatlam en enigste dogter van vyf kinders, waarvan drie broers kleintyd oorlede is. Baie negatiewe programmering, "shame-based nature", depressie van jongsaf, swak selfbeeld. Ek is met 'n klomp wanpersepsies (oor baie dinge) die huwelik in... Onder andere: mans,seks, konflikhantering EN nog baie ander dinge. Het nie "life skills" geleer nie, wel my eie "coping mechanisms" ontwikkel, in my dop gekruip, mure om my gebou, anti-sosiale gedrag, troos in kos gesoek, konflik vermy ten alle koste, later in lees (boeke) weggekruip van die wereld en my in SO 'n mate onttrek DAT ek soos 'n kluisenaar begin lewe het. (Tog is ek 'n empatiese mens WAT met die meeste ander mense oor die weg kom).
My exman het weer sy eie "issues" gehad as die oudste van sewe kinders, ook met 'n swak selfbeeld - hoewel syne uitgekom het in die vorm van trots, "control", magsbeheptheid (ek glo in onderdanigheid), dominering en uiterste jaloesie.
Nadat ek Jesus as my Verlosser en Saligmaker aangeneem het op 19, het ek begin soek na die geluk en VREDE wat my nog altyd ontwyk het. Van kleinsaf ken ek "turmoil" en "strife" en het besluit EK wil NIE so lewe nie - dis NIE die moeite werd nie, die lewe is te kort daarvoor. (sien Ps 120: 6,7)
Ek het mettertyd geleer dat geluk van binne kom, ons kan nie van ander verwag om ons gelukkig te maak OF ons selfbeeld te bepaal nie... Ek leer vandag nogsteeds (op amper 50) om die negatiewe binnegesprek te draai na die positiewe. (As jy BLY GLO jy is lomp, vet, nikswerd, kan niks reg doen nie, sal nooit ver kom in die lewe nie, dan SAL dit vir jou so wees).
Ek LEER om my onderbewuste te HERprogrammeer en te glo DAT ek kosbaar, waardevol en 'n Koningskind is - Sy oogappel, geskape na Sy beeld. Ek LEER 'n christen hoef NIE 'n deurmat te wees nie - ons MAG MAAR vir onsself opstaan en nie toelaat dat mense ons mishandel nie - hetsy fisies, verbaal, emosioneel, seksueel of finansieel. Dis nie wat God vir ons lewens wil he nie, maar dat ons heel sal wees - Jer.29:11 (Hy begeer GOEIE dinge vir Sy kinders).
Ek leer ook ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, en Hy wat in my is, is groter as hy wat in die wereld is. Solank ons in Hom bly en Sy Woord in ons. Ek LEER dat ons nie melankolies, apaties en oorwonne deur die lewe hoef te gaan nie - ons kan opstaan en die lewe in die oe kyk, ons outoriteit in Christus opneem (wel NIE deur die vlees OF in eie krag nie, maar deur die Gees van God en die opstandingskrag van Christus). Hy wil die stryd vir ons stry en aan ons die oorwinning gee.
Ek vertrou Hom op die oomblik vir die "release" en manifestasie van oplossings ivm twee spesifieke sake en ook permanente werk, eie blyplek en eie vervoer. (Matt.6:33)
Ek het die afgelope twee weke begin met "Favor Confessions" en daar het reeds 'n paar goedjies gebeur in daardie rigting... Ek glo dis maar net die begin. Deur Sy guns en seen maak Hy nou vir ons deure oop op bonatuurlike wyse. Hy is die God van die onmoontlike. As ons in Hom glo, moet ons VERTROU dat Hy Sy beloftes gestand sal doen.
Danksy travel Lite en God se genade reis ek en jy nou ligter. Mag ons die geur versprei van Sy liefdevolle gesindheid ORAL waar ons gaan, tsv omstandighede; en as ons tenagekom word, dit dadelik afskud, nie toelaat dat dit in ons siel kom sit nie. xxx
By RF on
Saturday, November 20, 2010
|
|
|