Saturday, May 19, 2012
   
Media Blogs
Blogsoek
Vertoon Blogs
Sep 29

Written by: Martin Coetzee
9/29/2010 3:35 PM  RssIcon

Christene beweer dat geloof in Jesus Christus die enigste vorm van geloof is wat God se goedkeuring wegdra. Is Christene nie baie arrogant om so 'n eksklusiewe aanspraak  te maak nie, of het hulle die waarheid beet? 

Iemand het bv gevra:  

Wat my pla is hoe die Christelike godsdiens kan aanspraak maak om die enigste ware goedsdiens te wees. Daar is soveel ander godsdienste wat groot betekenis en waarde vir mense het. Baie mense leef in groter toewyding aan hulle geloof as wat Christene leef. Neem maar net die Moslems. Ek was eenkeer in 'n moskee en was verstom oor die commitment van die gene wat daar aanbid het. Jy kry seker ook nominele Moslems, maar die meeste leef 'n morele lewe van hoogstaande gehalte en hulle is bereid om baie opofferings te maak. Hoe kan mens se hulle gaan verlore?

 

Tags:
Categories:

13 comment(s) so far...


Gravatar

Re: Christenskap die enigste ware geloof, of blote arrogansie?

Die vraag oor ander gelowe is een wat my ook gepla het. Ek stem saam dat baie Moslems groot commitment wys. Commitment beteken egter nie dat jy committed aan die waarheid is nie, dit beteken slegs dat jy committed is. Verder leef Moslems dikwels in hoogs morele lewe. Dit is egter nie relevant nie, ook ateiste kan 'n morele lewe leef. Die doelwit van die Christelike godsdiens is in elk geval 'n vehouding met God waarby liefde betrokke is, nie 'n koue afgedwonge moraliteit nie. Die vraag is of dit na die ware God lei, dus of dit die waarheid is. Wanneer ander godsdienste bekyk word raak dit gou duidelik dat God baie anders in elk van die godsdienste is. Ook dat ander godsdienste nie naasteby realiteit soos ons dit ken verduidelik nie en ook nie oplossings vir die menslike toestand bied nie. Daar is verder fatale inkonsekwenthede in die Moslem geloof, 'n miskenning van realiteit in Buddisme, 'n miskenning van die vervulling van profesiee in Judaisme en die Hinduisme het meer as 330 miljoen persoonlike gode of godinne (Hinduisme het egter verskeie vertakkings). Die Christelike geloof, Islam en Judaisme is eksklusiewe gelowe. Nie een sluit die moontlikheid in dat ander gelowe ook reg is nie.

By MAS on   9/29/2010 3:44 PM
Gravatar

Re: Christenskap die enigste ware geloof, of blote arrogansie?

Ek verkies om uit 'n totaal ander hoek na die saak te kyk. Indien ons verskillende gelowe met mekaar wil vergelyk, dan sal Christenskap seker maar gemiddeld vaar itv sy aanspraak op die enigste regte manier. So ek vermoed mens moet dalk nie eers in daardie rigting beweeg nie.

Die Jesus van Nasaret wat ons in die Bybel kry het nooit probeer om 'n nuwe godsdiens te begin nie en het ook nie probeer om die godsdiens van die dag reg te ruk nie. Hy het bloot 'n nuwe lewenswyse kom demonstreer. 'n Lewe totaal onder die beheer en heerskappy van die Koning van die heelal. Daarom was sy eerste woorde van publieke bediening "Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel (maw die God van die hemele wat nou persoonlik in jou hart heers) het naby gekom" Matt 4:17

Jesus het unieke uitsprake gemaak en mense genooi om Hom te volg. As jy Christenskap as 'n sistematiese godsdienstige sisteem behandel en dan ander probeer oorreed dat jou raamwerk die enigste waarheid is, sal jy beslis arrogant wees.

Maar as Jesus die waarheid gepraat het toe Hy gesê het: "Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed" (Joh 10:10), dan stem ek saam met Paulus - "Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is 'n krag van God tot redding van elkeen wat glo" (Rom 1:16)



By Martin Coetzee on   9/29/2010 8:40 PM
Gravatar

Re: Christenskap die enigste ware geloof, of blote arrogansie?

Jesus het wel dramatiese veranderinge in die Joodse godsdiens te weeg gebring. Die verandering van offerandes, die priesterorde, die daarstel van persoonlike verhoudings met God, die Heilige Gees se koms. Jesus het definitief nie bloot 'n nuwe lewenswyse demonstreer nie, hy was 'n offer vir sonde vir die mens nie slegs in die liggaamlike realm nie maar ook in die geestelike realm (waar dit werklik saak gemaak het). Hy het gese " Ek is die weg, die waarheid en die lewe". Self het hy teen afgodediens gespreek en onderskeid tussen hom en die Fariseers getref. Christenskap is nie 'n sisteem nie maar dit het egter duidelike kenmerke soos die oortuiging van sonde, die geloof in Christus se dood (ook geestelik) as versoeningsdaad, Christus se oorwinning oor die dood, ontvang van Heilige Gees ens wat dit onderskei van ander godsdienste.

By MAS on   10/4/2010 9:26 PM
Gravatar

Re: Christenskap die enigste ware geloof, of blote arrogansie?

Ek stem saam met al die geestelike dinge wat Jesus kom doen het. Die vraag is egter of iemand wat toegewyd is aan Islam sy geloof gaan verander net omdat ek 'n ander opinie oor die saak het? Is dit reg om sulke mense te "brand" as verlore en hulle te probeer oortuig dat jy eintlik die regte waarheid beet het? Daar moet 'n beter benadering wees.

Die sleutel lê vir my opgesluit in Jesus se benadering tot sy eie bediening. Die volgelinge van Jesus is presies hieraan uitgeken (hulle assosiasie met en geloof in die persoon Jesus en hulle volgelingskap van Hom en die lewenswyse wat Hy kom demonstreer het). Hulle is dan ook genoem "People of the Way" Hand 9:2. [Christen is 'n tag wat later aan hulle gegee is deur hulle wat gekies het om nie vir Jesus te volg nie.]

Gemeet aan God se standaard was ekself ook verlore voordat ek hierdie Jesus en hierdie Weg ontdek het, hoewel ek 'n baie toegewyde "Christen" (gehoorsaam aan die reëls van die Christelike godsdiens) was. Dit maak dus nie saak hoe toegewyd jy is nie, want dis nie die regte meetsnoer vir 'n verhouding met die Lewende God en skepper van die heelal nie. Heb 11:6 sê - "But without FAITH it is impossible to please Him (God)... Die meetsnoer is dus NIE TOEWYDING NIE maar GELOOF.

Jesus se bediening het "verlore" mense soos 'n magneet aangetrek en godsdienstige mense die herrie in gejaag. So ons moet aanneem Hy het die regte benadering gehad. As ons dus ons benadering tot GELOOF IN CHRISTUS kan regkry is ons koppe deur.

By Martin Coetzee on   10/6/2010 1:39 PM
Gravatar

Re: Christenskap die enigste ware geloof, of blote arrogansie?

Ek wil saamstem dat elkeen wat aan 'n spesifieke godsdiens behoort, dit as outentiek sal erken. Dit is logies! Die uitdaging vir die Christelike geloof is nie om op ander neer te sien nie, maar om so te lewe dat die geloof in Christus 'n magnetiese aantrekkingskrag sal word - vir almal! Volgens Handelinge 4:12 is daar geen ander naam onder die hemel gegee waardeur ons salig kan word nie, as die Naam "JESUS!" Die Christelike geloof verskil ook drasties van alle ander geloewe: Jesus Christus het saam met die Vader en die Gees ALLES kom doen wat ons redding kan verseker. Hy het volgens Filippense 32 Homself verneder [afgeklim?], en gehoorsaam geword tot in die dood. In die ander gelowe moet die mens self verlooing bewerk deur na God te soek, of om tot by die spesifieke god/godheid uit te kom [opklim].
En die wonder van die Christelike geloof is dat dit as geskenk aan ons gegee word - Efesiers 2:8-10. "Geloof" in Christelike konteks word dus ook aan ons gegee!

By Willie van Rooyen on   10/7/2010 8:27 AM
Gravatar

Re: Christenskap die enigste ware geloof, of blote arrogansie?

Dis vir my 'n vraag of alle paaie nie na Rome lei nie. In watter mate moet ons mense van 'n ander geloff probeer omhaal om Christene te word? Moet hulle nie net meer toegewyd in hulle eie geloof word nie? Wat van die Boedis in Thailand wat uiters toegewyd leef maar nog nooit van Jesus gehoor het nie - kan ons se hy/sy gaan verlore?

By Piet on   10/7/2010 4:34 PM
Gravatar

Re: Christenskap die enigste ware geloof, of blote arrogansie?

Uit 'n sending perspektief verstaan ek Martin en Willie se benadering. Die probleem is egter dat wanneer 'n mens wegskram van die vraag dan loop dit uit op Piet se probleem wat wonder of dit nie maar net paaie is wat na dieselfde ding lei nie. Twee verskillende dinge wat wedersyds uitsluitend is kan nie altwee waar wees nie. Dit is net logika. Die postmodernisme stel dit dat daar 'n klomp waarhede is en dat daar nie iets soos 'n oorkoepelende waarheid is nie. Baie moderne denke is hiermee deurspek. Die probleem is egter dat as die postmodernisme waar is dan is die postmodernisme 'n oorkoepelende waarheid en dit is teenstrydig met postmodernisme ! Die verskillende gelowe het verskillende eindbestemmings, die paaie lei nie na almal na Rome. Die Boedis in Thailand glo dat die lewe "suffering" is en het dan verskeie maniere om dit te hanteer onder andere om te om kennis te versamel en om te leer om nie materiele dinge te begeer nie ens (ek vereenvoudig baie). Wat duidelik is, is dat die eindbestemming totaal anders is. Inklusiwiteit is maklik want dit maak natuurlik konflik minder terwyl die tref van onderskeid ongelukkig konflik sal vermeerder. Dankie aan almal vir die interessante posts.

By MAS on   10/7/2010 5:29 PM
Gravatar

Lei alle paaie regtig na Rome?

Thanx MAS, ek dink dis 'n belangrike perspektief dat elke geloof sy eie eindbestemming het - en daardie eindbestemmings verskil hemelsbreed van mekaar (excuse the pun!)

Nou ontstaan die vraag natuurlik of jy Jesus (die lewende Woord) en die Bybel (die geskrewe Woord) aanvaar as die ware openbaring van God aan die mens?

Indien wel, is daar net 2 eindbestemmings- daaroor is die Bybel baie duidelik: Die pad wat deur Jesus gaan, lei na Yahwe (Die HERE / God die Vader / the Creator of the Universe) Alle ander paaie lei na Rome (die god van hierdie wêreld, die Vader van die leuen, the "Great Architect of the Universe")

Indien jy nie dink Jesus is die "Enigste Weg na die Vader" nie, sal jy een vir een deur al die ander gelowe moet sif om uit te figure wat elkeen se teorie is oor die ewigheid en of jy bereid is om dit te waag om dalk daar op te eindig.

By Martin Coetzee on   10/12/2010 3:17 PM
Gravatar

Wat van hulle wat nie gehoor het nie?

Net om terug te kom na Piet se tweede vraag - wat van die mense wat nooit gehoor het nie?

Daar is wel 'n vorm van "escape clause" in Romeine 1 wat daarop dui dat God sy eie manier het om te oordeel oor mense wat regtig nie 'n geleentheid gehad het om die boodskap van verlossing in Jesus te hoor nie. (Vir 'n goeie verstaan hiervan lees gerus die hele Rom 1 tot 3)

Maar die Here is ten volle bewus van hulle almal en sal hulle regverdig behandel. Die verantwoordelikheid vir mense om die waarheid te hoor lê in elk geval nou by ons as gelowiges - God het daardie opdrag aan ons gegee. En Hy het alles aan ons gegee om dit ordentlik te kan doen, so Hy is nie te blameer as ons 'n swak job daarvan maak nie.

By Martin Coetzee on   10/12/2010 3:15 PM
Gravatar

Re: Christenskap die enigste ware geloof, of blote arrogansie?

Ik vind niet dat het christendom het enige ware geloof is. Ieder mens gelooft uiteraard ergens anders in. Dat lijkt me duidelijk...maar ik ben wel van mening of je nou christelijk bent, islamitisch, boedhist of joods we wel respect moeten tonen richting elkaars geloof en elkaar nooit mogen beledigen.

Betty

By PokerBetty on   9/29/2011 11:06 PM
Gravatar

Re: Christenskap die enigste ware geloof, of blote arrogansie?

Hi Betty

Ek hoop jy kan Afrikaans uitpluis.

Ek is dit eens dat mense mekaar moet respekteer en mekaar nie moet beledig nie. Dit gaan egter oor die aard van waarheid. Indien mens glo dat waarheid (truth) bestaan, kan dinge wat teenoor mekaar staan nie ter selfde tyd waar wees nie. Indien jy glo dat jou broek swart is en ek glo dit is blou kan ons tog nie se dat ons albei reg is nie. Al drie van die Joodse, Christelike en Islam geloof is gelowe wat verskillende dinge leer en self se dat dit uitsluitlike gelowe is. As mense behoort ons die waarheid te soek sonder om ander mense te beledig. Groete

By MAS on   9/30/2011 11:45 AM
Gravatar

re:

I’m impressed. Very informative and trustworthy blog does exactly what it sets out to do. I’ll bookmark your weblog for future use.

Joseph
www.joeydavila.com
Your online Library

By Your online Library on   11/5/2011 7:06 AM
Gravatar

re:

I have read your article, I am very much impressed because you way of explanation quite good and very informative. And one more thing I have got to know that everyone has a different style to write the article, but I must say your article sounds very good.



internet savvy
www.tulleeho.org

By internet savvy on   3/6/2012 3:45 AM

Your name:
Gravatar Preview
Your email:
(Optional) Email used only to show Gravatar.
Your website:
Title:
Comment:
Add Comment   Cancel