Sep
26
Written by:
Martin Coetzee
9/26/2010 11:26 AM
Daar is wyd uiteenlopende opinies oor die nodigheid en toepassings van bevryding in die lewens van gelowiges.Wanneer ons kyk na verse soos
Joh 8:36 " As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.",
en
"For He has delivered us from the power of darkness and has translated us into the kingdom of His dear Son; in whom we have redemption through His blood, remission of sins. (Col 1:13-14)
dan ontstaan die vraag of die vrymaking van sonde en die bose wat met jou gebeur het by die kruis genoeg is, en of jy nou nog iewers in jou wandel as disippel van Jesus bevryding moet ondergaan soos dikwels geleer word? Wat sê die Woord?
5 comment(s) so far...
Re: Vrygemaak by die kruis, of het ek nog bevryding nodig?
Dis belangrik dat ons by die Woord moet bly wat hierdie saak betref! Daar is so baie mense wat 'n teologie bou op hulle ervaringe of die ervaringe van hulle vriende. En ek dink nie mens behoort 'n Skrifkenner te wees om hierdie soort van sake te verstaan nie, die Woord is eintlik baie eenvoudig - dis mense wat allerhande (teologiese) sisteme en raamwerke opbou waarin ons dikwels ander wil indwing. Demone is 'n werklikheid, ek is egter skrikkerig hoe party hierna kyk.
By Leon on
9/27/2010 10:27 AM
|
Re: Vrygemaak by die kruis, of het ek nog bevryding nodig?
Ek stem saam dat ons nodig het om te kyk na wat die Woord sê. Hieronder is 'n paar skrifgedeeltes wat ek glo relevant is en antwoorde op my eie vrae gegee het:
In Joh 19:30 sê Jesus net voor Hy Sy laaste asem uitblaas – “Dit is volbring”. Alles omtrent my verlossing, bevryding en redding is volbring by die Kruis en wat daar gebeur het. Die dag/oomblik wanneer ek Jesus aanneem as my Verlosser/Redder plaas God my IN Sy Seun (1Kor 1:30 – Maar deur Hom is julle IN Christus Jesus) en word ek ‘n nuwe skepsel, die ou dinge/ mens het verbygegaan, ALLES het nuut geword. As ons die eerste hoofstuk van Efesiers gaan lees vertel dit ons in 1:3 dat God ons IN Christus geseen het met ALLE geestelike seeninge. Die res van hoofstuk 1 gaan dan aan om te vertel wat hierdie seeninge is wat ons ontvang het toe ons Hom aangeneem het en ons IN Hom geplaas is en Sy Gees ons gees nuut kom maak het – (Verlossing v7, Vergifnis v7, die Heilige Gees ontvang as deposito v14, etc) 1 Kor 1:5 se dat ons in ALLE opsigte IN Jesus vrygemaak is en 2 Pet 1:3 vertel dat Hy ons ALLES geskenk gegee het wat nodig is om in volheid en vryheid te lewe. Ook Kol 2:9 se dat in Jesus woon al die Volheid van God en ons HET ook hierdie volheid IN Hom!
Uit hierdie verse kan mens nie anders as om te besef dat Jesus ALLES wat te doen het met my bevryding ALREEDS volbring het aan/by die Kruis en dat die oomblik wanneer ek Hom aanneem , ek hierdie “pakket/geskenk” van Hom ontvang soos die verse hierbo sê. Ek het ALLES van Hom ontvang, maar ek mag dalk nie (en in die meeste gevalle is dit so omdat jou verlossing nie deeglik aan jou verduidelik word die dag wanneer jy tot bekering kom nie) nou al verstaan wat ek ontvang het en wat dit beteken dat ek nou ‘n nuwe mens is en wat hierdie nuwe identiteit is wat ek nou IN Christus het en is nie. (Jesus bevestig ook hierdie waarheid in Joh 15 – Bly IN My, soos ek IN julle)
Toe Jesus aan die Kruis gesê het – Dit is volbring, was dit genoeg! Daar is niks meer nodig om by te voeg wat my bevryding betref nie. Al wat nodig is, is wat Paulus sê in Ef 1:17,18 nadat hy aan die gemeente vertel het wat hulle alles ontvang het toe hulle tot bekering gekom het – “Dat God julle die Gees van wysheid en openbaring sal gee, verligte oë sodat julle kan weet en verstaan” wat hierdie geskenk is wat ons IN Christus ontvang het.
Wat demone en bindinge en curses betref – weereens vertel Paulus in Galasiers dat die Kruis daarmee afgehandel het. Gal 3:13, 14 - Christus het ons LOSGEKOOP van die vloek deur vir ons/namens ons ‘n vloek te word sodat ons die blessings kan ontvang. Ons het dit REEDS IN Hom en het nie nodig om dit te verdien of daarvoor te werk of deur bevrydings sessies te gaan nie. Ons het net nodig dat die Gees dit wat ons alreeds het aan ons openbaar sodat ons in die Vryheid kan lewe. (As die Seun julle vrygemaak het sal julle waarlik vry wees)
Ons het nodig dat die Gees ons wys wat ons reeds IN Jesus het, wie ons IN Hom is en ons nuwe posisie en identiteit van vryheid waarvan uit ons lewe. Vanuit hierdie posisie en soos Sy Gees dit aan ons reveal, leef ons ‘n lewe van oorwinning en oorvloed en vryheid en volheid!!!!
By Natali Minnaar on
9/29/2010 7:58 PM
|
Re: Vrygemaak by die kruis, of het ek nog bevryding nodig?
Matt 10:1,7,8: Jesus summoned His discples to Him...He sent them out...said to them:And as you go,preach,saying, The kingdom of heaven is at hand! Cure the sick,raise the dead, cleanse the lepers,drive out demons.... Mark 16:15-18: And He said to them. Go into all the world and preach the Good news...he who believes and is baptized will be saved...and these signs will follow those whom believe: in My Name they will drive out demons..heal the sick etc. Luke 9:1,2,11. Then Jesus called together the 12 qnd gave them authority and power over all demons and to cure diseases. And he sent them out to preach the kingdom of God and to bring healing. The crowd followed Him and 1. He welcomed them, 2.He talked to them about the Kingdom of God and 3. healed those who neede restoration to health (not just physical health). Hoekom sou Jesus sy dissipels (dis ons ook) toegerus het met hierdie krag as dit nie nodig was vir hulle wat gehoor het van die koningkryk nie. Het Hy vir ons krag gegee om vir siek Christene te bid, maar nie vir Christene wat bevryding nodig het nie? Dis regtig n vraag wat ek vra? n praktiese voorbeeld: Luk 13:11-17. And there was a woman there who for 18 years had had an infirmity caused by a spirit (a demon of sickness) She was bent completely....He laid hands on her and she was made straight and she thanked God...the Lord replied..and ought not this woman, a daughter of Abraham (m.a.w deel van die verbond, maw n gelowige) whom satan has kept bound for 18 years be loosened from this bond?
By Erdine du Toit on
10/4/2010 7:37 PM
|
Re: Vrygemaak by die kruis, of het ek nog bevryding nodig?
Die probleem wat ek sien wanneer 'n Christen uitgelewer is aan demone in die sin van dat hulle kan kom in 'n gelowige se lewe is dat 'n gelowige dan uitgelewer word aan vrees - hoe weet jy nie of 'n demoon in jou gaan kom oor iets nie? Of oor iets wat in jou voorgeslagte gebeur het nie? Dis vir my moeilik om te sien dat vloeke wat deur iemand uitgespreek word teenoor 'n gelowige 'n effek of houvas op 'n gelowige kan kry. Dan is die vrees nog groter, want hoe weet ek nie iemand het my erens vervloek nie? As bloedgewaste kind van Jesus beskerm sy bloed my tog? Toordery kan toeg nie meer 'n vatplek kry op my as kind van God nie?
By MD on
10/7/2010 4:41 PM
|
Re: Vrygemaak by die kruis, of het ek nog bevryding nodig?
Ek stem saam - ons is nie uitgelewer aan demone en vloeke nie.
Die Bybel leer ons egter nie dat geloof in Christus ons vrywaar van die werk en teenwoordigheid van die bose rondom ons nie. Efes 6 is duidelik daaroor dat ons op aarde in 'n stryd met die bose geeste in die lug is. Solank ons op aarde is kan en sal hy ons met "vurige brandpyle" bestook. ( Die kruis het nie sy pylfabriek toegemaak nie) Ons het egter alles wat nodig is om dit af te weer en in oorwinning en sonder vrees te lewe.
Daarom is daar tye in jou lewe wat jy aanvalle van die bose sal beleef (soms ook vanuit die wichcraft)-juis omdat jy 'n gelowige is. In Christus het ons nou die oorwinning en kan elke aanval van die bose afweer. Dit beteken egter nie dat die duiwel nie planne teen ons kan beraam en dat ons agteroor kan sit en relax nie.
Die Heilige Gees, wat in ons is en ons bekragtig, maak dat ons hierdie dinge glad nie hoef te vrees nie. Courage is om in 'n vreesagtige situasie jou man te staan sonder om te vrees.
By Martin Coetzee on
10/8/2010 10:18 AM
|