Sunday, May 20, 2012
   
Media Blogs
Blogsoek
Vertoon Blogs
Sep 20

Written by: Leon Oosthuizen
Monday, September 20, 2010  RssIcon

Daar is twee boekies van Trevor Hudson wat vir my baie beteken het op my geestelike reis. "Signposts to Spirituality - towards a closer walk with God" en "Invitations to an Abundant Life - in search of life at its best" is van daardie soort boeke wat jy oor en oor lees en raadpleeg omdat dit propvol geestelike wyshede is.

Die eerste van die twee boeke bring 'n baie belangrike saak na vore, trouens dis seker waar mens moet begin. die manier hoe ons lewe word uit en uit bepaal deur ons verstaan van God, die prentjie wat ons van God het: "...if people live with the wrong view of God, the more religious they become, the worse the consequences will be, and eventually it would be better for them to be atheists." Jy kan nie God omvat of beperk met die verstaansraamwerke waarmee jy grootgeword het nie. God is baie groter as wat jou denke kan omvat. Dis wanneer jy begin leer ken "The Jesus I never knew", soos wat Philip Yancey dit beskryf, dat jy regtig begin groei en in 'n dieper verhouding met die lewende God betrokke kan begin raak. Dan sal die verwondering oor die grootsheid van God en die lewe weer herstel word.

Tags:
Categories:

19 comment(s) so far...


Gravatar

Re: Die geestelike lewe is 'n reis...enjoy the ride!

Jip, ek het godsdienstig grootgeraak en my eie prentjie van Jesus in my kop gehad. Jesus is aan my verkoop as die "Goeie Genie" wat net my sonde wil verlos en vir my 'n plekkie in die hemel gee, en dan gaan ek weer rustig aan met my lewe op die manier wat my eie gewete pas.

My lewe het radikaal verander toe ek moes kies of ek God gaan toelaat om die dag-tot-dag besluite in my lewe te bestuur, of nie. Handelinge 2:38 sê: "God het hierdie Jesus, wat julle gekruisig het, HERE en CHRISTUS gemaak!" Soos ek dit verstaan beteken die woord Here hier eintlik maar "baas". Toe besef ek dat ek myself probeer fool, want Hy is beslis nie die "baas" van my lewe nie - en net daar het alles begin verander. Daarvandaan was dit een groot crazy adventurous journey!

By MD on   Monday, September 20, 2010
Gravatar

Re: Die geestelike lewe is 'n reis...enjoy the ride!

Dis nogal hoe ek ook groot geraak het! Baie van Jesus gehoor, veral van hoe Hy sonde vergewe en my 'n plek in die hemel wil gee. eers later het ek kennis gemaak met die feit dat Hy my hele lewe wil genees en heel wil maak. En dat Hy my 'n nuwe identiteit gee.

Ek het baie min van die Vader geleer en geweet en nog minder van die Heilige Gees. Ek was al lank 'n gelowige en 'n volgeling toe dit eers vir my oopgegaan het wat dit beteken dat God my Vader is. Floyd McClung het eenkeer hier by my gebly en my sy boekie "The Father heart of God" aan my gegee. Dit het vir my 'n hele nuwe wêreld geopen in my verhouding met God. Dit het 'n sagtheid in my verhouding met God gebring wat voorheen nie daar was nie.

Toe later het ek eers regtig die Heilige Gees as Persoon leer ken en ontdek dat ek met Hom ook kan praat en dat Hy eintlik my Senior Vennoot in die bediening is. Nog later het ek eers sy krag ontdek en dat by Hom alle dinge moontlik is. Hier het John Wimber se boeke ook vir my baie beteken.

By Leon Oosthuizen on   Monday, September 20, 2010
Gravatar

Re: Die geestelike lewe is 'n reis...enjoy the ride!

Iets spesifiek van Wimber wat jy sal aanbeveel?

By MD on   Monday, September 20, 2010
Gravatar

Re: Die geestelike lewe is 'n reis...enjoy the ride!

"Power Healing" en "Power Evangelism". John was die stigter van die Vineyard kerkgroep en wereldwyd gerespekteer vir sy gebalanseerde sienings.

By Leon Oosthuizen on   Monday, September 20, 2010
Gravatar

Re: Die geestelike lewe is 'n reis...enjoy the ride!

Thanks

By MD on   Tuesday, September 21, 2010
Gravatar

Re: Die geestelike lewe is 'n reis...enjoy the ride!

Daar is nog twee boeke wat my baie gehelp het, nl. "Surprised by the Power of the Spirit" en "Surprised by the Voice of God" deur Jack Deere. Hy was 'n professor in teologie aan 'n bekende kweekskool in die VSA wat vas geglo het dat God net sekere soort gebede verhoor en dat die bonatuurlike gawes van die Gees nie meer vandag voorkom nie. Dis omtrent soos ek ook groot geword het en geleer het. Tot daar groot skuiwe in sy denke gekom het, nie deur sekere ervaringe nie, maar na aanleiding van intense studie van die Woord. Hy skryf: "Almost against my will, I now believed that God was healing today and speaking today."
Dit het ook waar geraak van my.

By Leon on   Wednesday, September 22, 2010
Gravatar

Re: Die geestelike lewe is 'n reis...enjoy the ride!

Sjoe, ek kom heeltemal van die ander kant af. Vir my is dit net logies dat God moet praat en genees en bo-natuurlike dinge moet doen en dat mense wat in Hom glo sy stem sal hoor en dat die gawes van die Gees op 'n natuurlike manier deur hulle sal vloei.

Ek dink dis omdat teoloë die Here met hulle kop wil uitredeneer en te bang is om na die stem van hulle hart te luister dat hulle in sulke gekompliseerde rigiede denke vasval. Eenvoudige mense vind hierdie goed glad nie moeilik nie, hulle doen net wat die Here sê, want dit wat Hy sê is eenvoudig.

By MD on   Wednesday, September 22, 2010
Gravatar

Re: Die geestelike lewe is 'n reis...enjoy the ride!

Dit is so, teologie kan mens partykeer eerder verwar as wat dit jou aanhelp op jou reis. Eintlik is dit 'n baie eenvoudige ding om 'n pad met die Here te stap - ons maak dit baie keer (onnodig) ingewikkeld. die basis is om 'n verhouding te bou, net soos ons ook maar met ander mense verhouding bou. Behalwe natuurlik dat Jesus baie spesiaal is en mens met hom 'n baie spesiale verhouding het.

Die probleem kom natuurlik in dat jou eie ervaringe nie deurslaggewend kan wees tov die geestelike reis en hoe dit verloop nie. Ons ervaringe kan partykeer snaakse goed wees. Die finale en enigste aanduider van die pad is die Woord. Alle ervaring en leiding moet aan die Woord getoets word om legitiem te wees en geldingskrag te hê.

By Leon on   Wednesday, September 22, 2010
Gravatar

Re: Die geestelike lewe is 'n reis...enjoy the ride!

'n Ding wat vir ons die laaste tyd begin oopgaan het, is dat blote kopkennis nie genoeg is om 'n mens geestelik te laat groei nie. Dit beteken dis nie genoeg om net na preke en boodskappe te luister nie. Dit is belangrik om kennis te he (waarin glo jy ander?), maar die kennis in jou kop moet in jou hart kom. Vir lank was baie van my kennis van die Bybel net in my kop. Ek sou graag wou hoor hoe ander oor hierdie saak voel en hoe mens se kennis van die Bybel jou lewe kan verander.

By Leon on   Monday, September 27, 2010
Gravatar

Re: Die geestelike lewe is 'n reis...enjoy the ride!

Hoe groter die "gap" tussen die kennis en die kennis in jou hart - hoe groter is jou frustrasie as 'n gelowige. As jy goed weet, maar jy sien dit nie werk in jou lewe nie begin jy al meer die idee kry dat hierdie hele spiritual ding dalk nie so great is soos almal sê nie.

Ek hou van goed wat werk. So ek verkies om my geloof baie eenvoudig en uitvoerbaar te hou. Ek maak bv nie meer notas van preke en stuff nie. Wat stick - stick, en die res is ek nie nou voor gereed nie. Sal wel iets neerpen as dit REGTIG vir my briljant is en ek is bang ek gaan dit dalk vergeet.

By MD on   Monday, October 04, 2010
Gravatar

Re: Die geestelike lewe is 'n reis...enjoy the ride!

Stem!! Gisteraand by die selleiers praat ons toe oor 'n selleier wat nie soseer 'n oordraer van informasie (Bybelkennis) moet wees nie maar eerder 'n failiteerder van transformasie. Dit beteken maar net dat die kennis in jou verstand in jou hart kom sodat verandering kan plaasvind.
Dit was nogal 'n groot skuif vir my wat oor jare daarop ingestel was om kennis te versamel! En tog is kennis belangrik - dit stimuleer my en op die regte tyd kom dit handig te pas.

By Leon on   Tuesday, October 05, 2010
Gravatar

Re: Die geestelike lewe is 'n reis...enjoy the ride!

Jesus is die waarheid! Het ons veel meer nodig? Ek moet maar net vir Jesus leer ken en doen wat Hy gedoen het. Dis genoeg om my op die regte pad te hou!

By Piet on   Thursday, October 07, 2010
Gravatar

Re: Die geestelike lewe is 'n reis...enjoy the ride!

Ek laaik jou thinking Piet. Hier is die uitdaging- ek is nie net hier om myself op die regte pad te hou nie, maar ek moet ander ouens ook help op die journey. Stap nou na enige 10 gelowiges daar rondom jou en vra vir hulle wat dit beteken om "te doen wat Hy gedoen het" en jy gaan 'n smartiebox van antwoorde kry.

Die Bybel praat duidelik van verskillende fases van geestelike groei en ontwikkeling, maar baie gelowiges is vas oortuig dat daar nie eers so iets soos geestelike volwassenheid (om regtig te kan doen wat Jesus gedoen het!) bestaan nie. Hoe nou gemaak?

By Martin Coetzee on   Friday, October 08, 2010
Gravatar

Re: Die geestelike lewe is 'n reis...enjoy the ride!

Hier is nou 'n great aanhaling van ene Theodore Roosevelt wat iemand vir my gestuur het en wat ons kan help in ons gesprek. “It is not the critic who counts; not the man who points out how the strong man stumbles, or where the doer of deeds could have done them better. The credit belongs to the man who is actually in the arena, whose face is marred by dust and sweat and blood, who strives valiantly; who errs and comes short again and again; because there is not effort without error and shortcomings; but who does actually strive to do the deed; who knows the great enthusiasm, the great devotion, who spends himself in a worthy cause, who at the best knows in the end the triumph of high achievement and who at the worst, if he fails, at least he fails while daring greatly. So that his place shall never be with those cold and timid souls who know neither victory nor defeat.”

By Leon on   Monday, October 11, 2010
Gravatar

Re: Die geestelike lewe is 'n reis...enjoy the ride!

Net vanoggend raak ek stil oor die teenstelling van bogenoemde aanhaling, dit wat Ruth Haley Barton "rythms of engagement and retreat" noem. dit was 'n uitstaande kenmerk van Jesus se lewe dat Hy gereelde periodes van terugtrekking van aktiwiteite gehad het. Tye waar Hy afgesonder het en stilte beleef het. Dit het di eruimte geskep vir sy kontak en kommunikasie met sy Vader.
Hierdie saak is uiters belangrik vir elke volgeling, veral ook vir diegene betrokke in Christelike dienswerk. Ons moet leer om ritmes te ontwikkel waar die werk wat ons doen afgewissel word met tye van stilwees. Ons moet weer leer wat die "Sabbatsrus" is waarvan die Bybel praat. Daar ontdek ons die ware self, daar kan ons onsself blootstel voor God vir wie ons werklik is. Veral ons wat so geneig is om ons identiteit te wil soek in wat ons doen!

By Leon on   Tuesday, October 12, 2010
Gravatar

Re: Die geestelike lewe is 'n reis...enjoy the ride!

Die probleem wat ek het is om genoeg tyd te kry om regtig met God stil te raak. Selfs as ek probeer om stil te raak sukkel dit maar. Ek sukkel om af te skakel, daar is soveel dinge in my gedagtes. Moet se dit help nogal om uiterlike stilte te skep en nie die radio, TV en musiek aan te skakel nie. Dit help ook as ek die eerste ding in die oggend met God besig is voor ek met enigiets anders begin. dis of my denke dan ook meer op Hom gefokus is.

By Piet on   Thursday, October 21, 2010
Gravatar

Re: Die geestelike lewe is 'n reis...enjoy the ride!

Ek dink die rigting waarin ons moet dink om meer gefokus op God te raak, is die ding van geestelike dissiplines. Dis eeue oue gewoontes wat deur gelowiges gebruik is om hulleself meer op God te laat fokus en oop te stel vir die soort veranderinge wat net die Heilige Gees in 'n mens se lewe kan doen. Daar is deesdae weer 'n groter fokus op hierdie gewoontes of "dissiplines" soos dit bekend staan. die volgende boeke is klassieke werke in die verband: Dallas Willard "The Spirit of the Disciplines", John Ortberg "The Life You've Always Wanted", Richard Foster "Celebration of Discipline". Hier is ook twee goeie links: www.spirithome.com/spirdisc.html#discip, buildingchurch.net/discipline.htm

By Leon on   Thursday, November 04, 2010
Gravatar

Re: Die geestelike lewe is 'n reis...enjoy the ride!

Ons is ook besig om op ons eie website onder "Geestelike Dissiplines" meer en meer praktiese artikels te laai - gaan kyk gerus: www.churchadventure.co.za/Inligting/Bronne.aspx

By Leon on   Thursday, November 04, 2010
Gravatar

Re: Die geestelike lewe is 'n reis...enjoy the ride!

Een van die belangrikste bakens langs die geestelike reis is die van nederigheid ("humbleness"). Ek lees in die week dat iemand dit noem "Stay humble or you will stumble". Nederigheid is nie om jou sterkpunte te ontken nie maar dit hou in dat jy eerlik is oor jou jou swakpunte. Dir hou in dat jy sal besef hoeveel jy verskuldig is aan ander en dat jy eerlik sal wees oor wie jy is. Nederigheid is 'n voorvereiste om geestelik te kan groei want die Woord leer ons dat God hoogmoediges weerstaan.

By Leon Oosthuizen on   Sunday, January 09, 2011

Your name:
Gravatar Preview
Your email:
(Optional) Email used only to show Gravatar.
Your website:
Title:
Comment:
Add Comment   Cancel