Sunday, May 20, 2012
   
Media Blogs
Blogsoek
Vertoon Blogs
Sep 8

Written by: Karin Muller
Wednesday, September 08, 2010  RssIcon

Ons het gisteraand gesien hoe Gideon se lewe radikaal verander het...van 'n bang, vreesbevange en angstige man wat nie sy vyande kon face nie na 'n dapper leier wat 'n hele volk tot oorwinning gelei het. Hoop is om 'n visie te kry van wat mens kan wees, die dapper persoon wie God geskape het. Maar eers moet mens 'n visie kry van wie God is...daaruit vloei hoop en kom wys God vir ons die Imago Dei (dit van ons wat God reflekteer).

Kom deel jou storie van Hoop! Hoe het God al vir jou hoop kom gee in jou mees angsitge, donkerste oomblik? En waar is jy nou? Het jy hoop? Is dit 'n realiteit vir jou of net 'n term waaroor almal praat? 

Tags:
Categories:
Location: Blogs Parent Separator Travel Chat...

8 comment(s) so far...


Gravatar

Re: Gideon en Hoop

Een oggend het ek op my kniee gesit en glo my ek wou nie bid nie, want ek het dit nie geken nie, ek het myself voorberei om vir die soveelste keer selfmoord te pleeg, want my lewe is en was leeg. Ek het God nie geken nie, en nooit in die samelewing gesien of gevoel nie. Op daardie staduim het ek geen hoop gehad vir die volgende sekonde nie, wat nog te se vir my lewe of die toekoms.

Ek het die pistool gevat en teen my kop gedruk, en so deur alles het ek vir God gese, as Jy bestaan, dink ek nie jy kan my lewe verander nie, en Jy wat Jouself Jesus noem, Jy kan nie my lewe verander nie, want dit is een groot gemors, geen hoop vir die volgende sekonde in my lewe nie. Die volgende oomblik klap die skoot, ek het nog nooit gemis nie, die keer ook nie, maar die Here het n grooter wonderwerk vir my kom wys, as Hy n rondte in n loop kan laat vas smelt, dan het Hy in doel vir my lewe. Daardie oggend het Jesus vir my kom se waarom het jy so lank gevat om jou aangesig na my te draai, sodat Ek jou lewe kan verander.

Vir die eerste keer in my lewe(26 jaar oud) het ek gevoel wat hoop is, vir die dag van more en my lewe, toe kon n sekond nie te stadig genoeg verby gaan om elke oomblik te wil inneem en geniet nie. Ongeag wat vir my voorle, het God my gewys, wat hoop werklik is. dit is hoop, om God toe telaat om volle beheer in jou lewe oor te vat en ek wat dit gee. Ek kan met eerlikheid se, God is hoop en gee hoop in als.

Ek lag so, want Gideon het ook net so erg getwyfel soos ek, maar ek weet, het hy meer hoop gehad toe hy n ontmoetting gehad het. Hoop kom van God.

By Smiley on   Thursday, September 09, 2010
Gravatar

Re: Gideon en Hoop

wow wat 'n amazing storie!!

By Liesl de Villiers on   Friday, September 10, 2010
Gravatar

Re: Gideon en Hoop

Dis moeilik om hoopvol te bly as alles verkeerd gaan in jou lewe. Nes jy dink jy staan, dan tref die volgende ding jou weer. Hoe kan God toelaat dat sy kinders oor en oor seergemaak word en te na gekom word?

By PS on   Wednesday, September 22, 2010
Gravatar

Re: Gideon en Hoop

Die Here stap nogals 'n pad met my oor hierdie einste ding...Hoop, al lyk alles donker. Iemand het eenkeer gesê: mens voel partykeer asof jy in 'n donker bos is, waar dit koud is en baie angswekkend. Waar die geluide ekstra hard is en mens se vrees heeltemal oorneem. Dit is dan wanneer mens hardloop na die enigste lig wat mens kan kan kry, maak nie saak waar dit vandaan kom nie. Maar as mens net bietjie langer wag in die donker, net todat die son opkom, sal jy sien dat God heeltyd langs jou gesit het, al kon jy hom nie sien of hoor nie. Ek het ook lank die Hoekom? vraag gevra. Maar moes later begin vra Hoe? Hoe kom ek hierdeur? Met God of sonder Hom? Baie keer het ek Hom beter leer ken in hierdie tye, want ek moes soek na Hom. Ek moes vra wie Hy regtig is. En deur hierdie soeke het goed vir my begin oopbreek. Al het my omstandighede dieselfde gebly, het ek Hom meer en meer begin raaksien binne dit.

By Soekende on   Wednesday, September 22, 2010
Gravatar

Re: Gideon en Hoop

Ek hoor wat jy sê, maar ek is nou al te lank in die bos en die son wil net nie opkom nie. Ek soek na God, maar Hy antwoord nie. Hoe begin mens Hom raaksien? Hoe hoor jy Hom? Ek voel dat ek nie connect nie en ek sukkel om Hom te hoor.

By Moedeloos on   Wednesday, September 22, 2010
Gravatar

Re: Gideon en Hoop

Ek moes deur klomp challenges van seer en onsekerheid oor die jare (en selfs nou nog) besef dat God se teenwoordigheid niks te doen het met hoe ek voel nie. Die feit dat Hy ver vir my voel, verander niks aan Sy getrouheid en besorgheid oor my nie. Ek het baie keer tekens gesoek en wou op sigbare maniere Sy nabyheid voel. Ek het begin vrae vra en vir 'n lang tyd moes ek net vertrou dat Hy in beheer is, al ervaar ek dit nie. Al die vrae en soeke na Hom het my nader en nader aan Hom getrek, my in 'n dieper konneksie met Hom getrek - al het ek dit nie besef op daardie oomblik nie, dit het nie so vir my gevoel toe nie. As ek nou terugkyk, sien ek hoe al die challenges my gevorm het en my meer van God laat ontdek het. Ek het begin om die Woord te lees, nie om te wou uitvind wat ek moes doen nie, maar om God beter te leer ken. Wie is Hy? Hoe lyk Sy hart? Wat is Sy begeertes? En dit is toe deurbrake gekom het, toe ek Sy Vaderhart leer ken het uit die Woord (nie uit gevoel nie). Twyfel is die stap net voor geestelike volwassenheid. Die oomblik wat jy begin vrae vra, is jy baie nader aan God as wat jy dink.

By Karin on   Wednesday, September 29, 2010
Gravatar

Re: Gideon en Hoop

Travel lite is ‘n program waar mense wat op dieselfde reis is in hulle groepe nader aan mekaar beweeg, en mekaar vertrou met hulle diepste seer en gevoelens. Is dit net binne die groep ? Ek begin twyfel of ek ‘n mede reisiger is, ek stap Dinsdagaand by travel lite in, groet vriendelik, maar net een of twee mense wend ‘n poging aan om enigsins terug te groet. Ek wonder of ek onsigbaar is, miskien moet ek weer probeer. Goeienaand almal!!! Ja, ek is onsigbaar. Wat is fout met my ????

By Onsigbaar on   Wednesday, October 13, 2010
Gravatar

Re: Gideon en Hoop

As mens deur 'n vulnerable tyd gaan waar mens baie worstel met seer en ook onseker voel, dan het mens daardie ekstra ondersteuning en vriendelikheid nodig. Ek kan dink om in 'n plek dan in te stap en nie gegroet te word nie, laat mens voel asof jy nie acknowledge word nie. En wanneer klomp mense met seer en wat broos is bymekaar kom, kan dit baie keer die geval wees, aangesien elkeen met sy eie dinge worstel en self liefde en aanvaarding op verskillende maniere probeer soek. Mense kan baie keer so ingestel wees op hulself (ek ingesluit), en ander heeltemal miskyk. Ek glo met elke les groei die groepe nader aan mekaar en sal die fokus op mens-self skuif na 'n fokus op die ander. Ek hoop regtig jy beleef dit, want dit is hoe God 'n realiteit word binne healing community. En ek hoop regtig God kom reveal vir jou hoe Hy na jou kyk en die visie wat Hy vir jou lewe het, sodat ander se aksies minder belangrik word. Ek glo God wil ons in 'n dieper konneksie met Hom trek, en dit deur vir ons te kom wys wat van Hom leef in ons. Dit behoort in healing community vir mekaar geaffirm word - die stukkie God wat jy reflekteer. Sal graag met jou wil gesels en bietjie tyd saam spandeer om dit t explore. As jy ook so behoefte het, gryp my net aan die arm Dinsdagaand, dan reel ons iets! :)

By Karin on   Thursday, October 14, 2010

Your name:
Gravatar Preview
Your email:
(Optional) Email used only to show Gravatar.
Your website:
Title:
Comment:
Add Comment   Cancel