Aug
19
Written by:
Karin Muller
Thursday, August 19, 2010
Wow, wat 'n begin vir Travel Lite!
God kom gee 'n visie, wat bevestig word met 4 Skrifgedeeltes van 4 verskillende mense! Die visie? Lewende Water wat gaan vloei uit Sy heiligdom, wat bome met blare van genesing en baie vrug gaan voortbring en laat groei! Die bevestigings? Openbaring 22:1-2, Esg 47:12, Jes 44:1-5, 1 Kor 3:5-8. Dis die belofte wat Hy kom gee het vir Travel Lite en ons sien uit met 'n REUSE verwagting oor wat Hy gaan kom doen in die volgende 16 weke. So mede-reisigers van Travel Lite, maak gereed vir 'n opwindende reis!
Kom deel wat leef in jou hart... Wat is jou verwagting? Wat wil jy hê moet gebeur binne die volgende 16 weke? Vir wat hoop jy?
1 comment(s) so far...
Re: Lewende Water...
ek hoop vir genesing. vir verlossing van die spoke van die verlede en vir Goddelike antwoorde op so baie vrae. mag God vereer word deur elke mens at betrokke is by hierdie travellite program. dankie aan al die leiers dat julle, jul tyd aan ons stukkende mensies afstaan. mag God elkeen van julle lei en julle vrede gee
By m on
Sunday, September 05, 2010
|