Sunday, May 20, 2012
   
Media Blogs
Blogsoek
Vertoon Blogs
Jul 28

Written by: Andries Johannes Combrink
Wednesday, July 28, 2010  RssIcon

Vredeluste is plesierig, dit kan julle glo. Hulle hou van partytjie en dan maak hulle so...

Mmm... aan die begin van Julie het die Social Club by Opskop in Stellenbosch gaan dans. Die jongmense van Vredelust het my oë op 'n nuwe manier oopgemaak... ek sal nou-nou verduidelik. Ek moet erken ek is baie lief vir dans, en ek was nog altyd. Elke geleentheid wat ek kry, maak ek seker om nie uit te mis nie.

'n Handjie vol Christene is, volgens my, onder 'n wanindruk as dit by uitgaan en dans kom. Hulle verkyk hulle aan drankmisbruik en 'n paar ander hartseer en gevaarlike dinge wat wel deel is van hierdie wêreld. Wat hulle nie verstaan nie is dat dit moontlik is om jonk en vrolik te wees en jouself te geniet terwyl jy nogsteeds heeltemal binne jou rol as kind van die Here leef.

Ek is bly om te kan sê die jongmense van Vredelust verstaan hierdie waarheid.

Ons het tydens die lang vakansie gaan dans, so daar was nie so baie studente nie, maar dit was 'n ongelooflike gesig om te sien hoe meer as die helfde van die mense by Opskop daardie aand almal uit ons gemeente gekom het. Tafels en tafels vol van hulle! Ek het selfs die kans gekry om met 'n paar mense te gesels wie se gesigte ek baie by die kerk sien, maar nog nooit mee gepraat het nie.

Dit was 'n great aand en ek sê dankie vir elkeen wat daar was.

Nou ja, die laaste maand het ek ook die kans gekry om 'n ongelooflike boek te lees - The Road Less Travelled wat deur M. Scott Peck geskryf is. Ek sal hierdie boek aanbeveel vir enigiemand wat graag tot nuwe insigte oor die lewe wil kom.

Hy begin sy boek op 'n dramatiese manier met die volgende woorde: "Life is difficult." Hierdie, sê hy, is die sleutel tot die geheim van die lewe. Ek sal verduidelik: Mense leef asof die lewe nie moeilik en vol uitdagings is nie, en wanneer daar iets gebeur is hulle verbaas, of dink hulle dit is 'n uitsonderlike gebeurtenis. Uitdagings is nie uitsonderings nie... die lewe is vol daarvan, en wanneer jy dit eers besef, en belangriker, dit aanvaar dan kan jy begin om jouself daarvoor voor te berei en dit dan beter hanteer.

Die Bybel is ook vol hiervan. Jesus self het gesê ons moenie verbaas wees as die wêreld ons haat nie (Johannes 15 - 17), en Jakobus 1:2 sê dat ons selfs moet bly wees wanneer beproewinge oor ons pad kom. Maw, uitdagings gaan oor jou pad kom, sommige omdat die wêreld ons haat en ander omdat die Here ons liefhet... maar kom gaan hulle kom... so wees daarom voorbereid. Maar onthou ook net dit, die Here is altyd by jou, maak nie saak wat die uitdaging is nie!

Ek hoop hierdie stukkie kennis sal jou help met die uitdagings in jou lewe soos wat dit vir my al baie gehelp het.

Vir Augustus gaan ons Tenpin Bowling by die Tygervallei speel. Ek sien uit om almal weer daar te sien.

Tags:
Categories:

Your name:
Gravatar Preview
Your email:
(Optional) Email used only to show Gravatar.
Your website:
Title:
Comment:
Add Comment   Cancel