Sunday, May 20, 2012
   
Media Blogs
Blogsoek
Vertoon Blogs
Jun 28

Written by: Andries Johannes Combrink
Monday, June 28, 2010  RssIcon

Aan die begin van Junie het ons weer as Social Club bymekaar gekom... Hierdie keer was dit sommer by Vredelust in die restaurant om net rustig te kuier en 'n bietjie om die vuur 'n vleisie te braai. Ons het 'n hele klomp nuwe gesigte daar gehad, en hoewel baie van die 'staatmakers' nie daar kon wees nie was dit ons grootste groep mense nog.

As jy met Arno sou gesels sou hy jou vertel dit was 'n Pinata braai. Elkeen kon sy eie Pinata maak en saambring, daar was selfs duidelike instruksies op die web gesit hoe om een te maak. Om 'n lang storie kort te maak het ons twee Pinatas by die braai gehad, albei deur Arno gemaak...

Ek moet sê, ek dink die aand was 'n sukses. Die nuwe mense het gou met mekaar tuis gevoel en dit was ook nie lank voor die braaiers hard aan die werk was om die vleis gaar te kry nie. Soos ek na almal geluister het na die braai, het almal hulself geniet.

Nou ja, ek het hierdie maand lank gedink om by 'n gedagte uit te kom om vinnig oor te gesels. 'n Groot geheim van hierdie lewe is dat jy na jou gesondheid moet kyk. Jy moet liggaamlik, verstandelik en geestelik gesond wees om te kan sê jy is werklik gesond. As een van hierdie drie komponente begin siek raak, beïnvloed dit gou die ander twee.

My gedagte het spesifiek te doen met hoe jy na jou liggaam kyk. Maak vir jouself uit om goeie gewoontes aan te kweek as dit kom by jou liggaam. Eet meer gereeld gesond, slaap genoeg, raak ontslae van al die onnodige stres en vind 'n manier om bietjie aktief te wees. Ek besef ek praat asof dit vreeslik maklik is, maar dit is iets wat jy tot 'n groot mate kan beheer. Glo my as ek sê, wanneer jy jouself oppas beïnvloed dit hoe jy oor jouself voel, en hoe ander mense jou behandel. As jy haat om te oefen, soos wat sommige mense maar doen, kry iemand om saam met jou te gaan stap of om iets anders te doen. Dit is altyd makliker as jy nie alleen dit hoef aan te pak nie.

Goed, in Julie gaan ons bietjie by OpSkop dans in Stellenbosch. Dit gaan baie lekker wees, moenie uitmis nie!

Tags:
Categories:

Your name:
Gravatar Preview
Your email:
(Optional) Email used only to show Gravatar.
Your website:
Title:
Comment:
Add Comment   Cancel