Sunday, May 20, 2012
   
Media Blogs
Blogsoek
Vertoon Blogs
Jun 9

Written by: Karin Muller
Wednesday, June 09, 2010  RssIcon

Wow, wat 'n great aand was dit nie gisteraand toe ons die eerste siklus van Travel Lite 2010 afgesluit het nie. Ek dink almal het besef hoe die program ons almal nader aan mekaar getrek het en hoe verhouding bou en ondersteuning genesing gebring het. Dit was bittersoet - verlig dat die uitdagende selfontdekking klaar is, maar ook hartseer om te groet. Wat is dit wat Travel Lite anders maak? Party van ons was al by vele sielkundiges en het al baie gepraat oor dinge wat seer maak of nie sin maak nie. Maar in 'n 'healing community' waar 'n paar mense saam weerloos is, gebeur daar iets anders. Iets bonatuurliks. Iets wat iemand in afsondering nie kan beleef nie. Daar is krag in spanwerk. Soos Cassie gesê het - ons is afhanklik van mekaar. Seker hoekom God wil hê ons moet saam as LIGGAAM funksioneer! Hoe voel julle oor die liggaam? Wat was julle ervaring om saam met ander antwoorde te soek en sin te probeer maak van omstandighede? Wat ervaar mens binne so groep?

Tags:
Categories:
Location: Blogs Parent Separator Travel Chat...

5 comment(s) so far...


Gravatar

Re: Celebrate spanwerk!

Ek wil net se hoe meer ek te doen het met Travel Lite hoe meer en meer besef ek hoe ons die Here nodig het en hoe lief Hy ons het om nog steeds vir ons te se " kom na My toe, Ek wag vir jou ja net vir jou, ja net soos jy is. Ek verstaan kom net. Ek is lief vir jou net soos jy is. " Ons dien 'n groot God en 'n liefde volle Vader. Ek kan nie wag om te sien wat God vir ons het met die volgende groep mense nie. Maar geniet die rus want die beste le nog voor. So begin om te vertel dit wat ons Vader vir jou gedoen het en wat Hy vir jou beteken en wys vir die res van die soekende mense hoe Jesus lyk deur die liefde wat uit jou kom. Want jy mag miskien die eenigste bewys wees van God se liefde en genade vir die volgende persoon wat jy tee kom. So maak 'n goeie indruk op die volgende persoon wat jy raak loop.Wees net getrou aan jou self en aan God ons Vader.

By Lappies on   Thursday, June 10, 2010
Gravatar

Re: Celebrate spanwerk!

Kortliks my agtergrond - My siel was stukkend en dood, volgens my was ek die swartskaap van ons familie. My dogter was een jaar oud toe my man verdrink het, weer getroud en my seun is gebore. 'n Baie ongelukkige, afbrekende huwelik het tot egskeiding gelei. Die volgende was my tien jaar verhouding met 'n psigopaat (sielkundige het dit agterna bevestig). Intussen was my seun se skooljare chaoties met drank en dwelms besaai. Huidiglik is hy nog in rehab. Ek wil graag getuig van hoe ek by Travel Lite beland het. Was een Sondag saam met my suster en swaer in Vredelust kerk en het die advertensie van Travel Lite op die skerm gesien. Dit moet die Heilige Gees wees wat my dadelik aangespreek het, 'Susan dit is vir jou'. Omdat ek introvert is, was dit baie baie moeilik om sover te kom tot by die eerste aand. My moed het my telkemale verlaat en die duiwel het gesê dat ek nie daar hoort nie! 'n Wonderlike iets het egter gebeur en twee 'Jesushande' het my letterlik op my rug gevat en gestoot tot by die motor. En so het ek gery met trane en die enigste twee beloftes van die Here, wat ek op daardie stadium onthou het, wat my oor en oor herinner het, 'Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee' en 'Die Here is my Herder'. Die genesing wat ek in hierdie 16 weke ondervind het, is wonderlik. Ek het selfvertroue ontwikkel en die muur rondom my het verbrokkel! Ek groei van dag tot dag en wil nooit ooit weer sonder ons Hemelse Vader die dag begin nie. Baie dankie aan ons groepie se fasiliteerders, Elsabe en Magda. Julle is great en sal altyd 'n plekkie in my hart hê.

By Susan on   Friday, June 11, 2010
Gravatar

Re: Celebrate spanwerk!

Ek se baie keer dit is anders om agter die boek te staan en dit aan te bied as om deur die tydperk te gaan. Ek kom uit die bedienning, het baie seer gekry, dat ek die bedienning verlaat het en my tuiste in die kaap gemaak het, ek het so rebellies geraak teenoor die kerk en mense in die kerk dat my lewe n 3 jaar draai gemaak het. Ek het ongelooflik seer gemaak deur my eie seer en het net harder geword, het die Jesus lig in my verloor. Ek het regtig net donkerder geword, tot ek op n dag hier in die gemeente gesit het en gehoor het van Travel Lite, ek het net genoeg gehad van al die seer en gemors, my huwelik is uit mekaar geruk deur my eie toedoen, tog het ek die Here so lief en kon nie verder Hom kwaalik neem vir wat gebeur het nie. Travel Lite, het my meer geleer as my studies, maar ek het die Here se hart geleer, Sy liefde vir ons as mens! Daar het nie n les verby gegaan wat nie van toepassing was gedurende die week en in my lewe nie, die lesse wat ek van ander geleer het nie. My probleme is nie weg nie, maar ek is sterker, met meer Godelike wysheid om als van n kant af deur te werk sodat Hy my kan help om sterker te word te leer, en ander te help om weer deur hulle dinge te werk en aan Hom die eer te bring.

Ek kan aanhou skryf oor die afgelope 13-14 weke se lesse, maar dit was great, sal dit weer en weer doen, maar met genoeg tyd om als te verwerk en te leer tussen in. Dankie Here vir die geleentheid, dankie vir die tool, dankie vir elkeen se genesing, help die wat gehelp wil wees deur Travel Lite. seen dit Here tot eer van U Naam en Koninkryk. AMEN!

Dankie aan almal agter die skerms, die gebed span en "leiers". Tonne Blessings vir die harde werk.

By Wynand du Toit on   Tuesday, June 15, 2010
Gravatar

Re: Celebrate spanwerk!

Ek dink die wonderlike ding van Travel Lite, is dat die kleingroepe 'n ruimte skep waar jy net jouself kan wees - met jou gebrokenheid en 'vulnerabilities'. En binne hierdie weerlose ruimte ontdek mens God in nuwe maniere en begin mens Hom leer ken as 'n God wat juis wil kom red en verlos. Hy word aangetrek deur gebrokenheid. Hy vat mens op 'n ontdekkingsreis wat partykeer 'scary' is en wat vereis dat ons uit ons gemakzones moet tree, maar dit wat mens ontdek is besonders en maak mens honger om net meer en meer te ontdek van ons 'misterieuse' God. Ek wil dankie sê vir almal wat bereid was om weerloos te wees - want God se Gees het oorgeneem omdat ons oopgemaak het en erken het ons kan dit nie self hanteer nie.
2 Co 12:9 "And He said to me, My grace is sufficient for you, for My power is made perfect in weakness. Most gladly therefore I will rather glory in my weaknesses, that the power of Christ may overshadow me."
Aan God al die eer! Nou kan ons uitgaan en vir ander iets beteken uit ons eie gebrokenheid en egtheid.
Kom deel met ons op die blog as God iets op jou hart gedruk het oor waarheen Hy met jou wil beweeg. Kom inspireer ons deur te deel hoe God jou wil mobiliseer om Sy koninkryk te help bou as deel van Sy liggaam!

By Karin Muller on   Thursday, June 17, 2010
Gravatar

Re: Celebrate spanwerk!

Ek is die Hoof; julle is die liggaam.
omdat julle My liggaam is, is julle ook My hande en voete, hart en mond op aarde. Deur julle gee Ek konkreet vir mense om. Deur julle sien die wereld hoe Ek lyk en wie Ek vir hulle kan wees.
Julle het mekaar nodig, net soos die ledemate en organe van 'n liggaam mekaar nodig het. Elkeen van julle het 'n unieke funksie waarmee julle die ander lede van die liggaam moet dien. Jy het die ander lede nodig en hulle het jou nodig. Nie een van julle is meer werd as die ander nie. Julle almal is vir My baie werd.

By Lappies on   Tuesday, June 22, 2010

Your name:
Gravatar Preview
Your email:
(Optional) Email used only to show Gravatar.
Your website:
Title:
Comment:
Add Comment   Cancel