Sunday, May 20, 2012
   
Media Blogs
Blogsoek
Vertoon Blogs
May 26

Written by: Leon Oosthuizen
Tuesday, May 26, 2009  RssIcon

Dis nou 'n jaar nadat ek die eerste keer geskryf het oor swart en wit in ons land. Ons weet almal van die grense en mure wat bestaan, die twee verskillende wêrelde waarin ons lewe. Die wêreldsokkerbeker toernooi het so ietwat van 'n gemoedelikheid gebring tussen die verskillende rassegroepe in Suid-Afrika maar ons nog nie regtig in mekaar se wêrelde gebring nie. Ek wil hierdie blog gebruik om te help met beter begrip vir mekaar se leefwêrelde. deel gerus jou ervaringe, frustrasies ens. wat jy in dié verband ervaar. Ons kan hieroor seker nie genoeg praat nie want saam moet ons 'n toekoms hier bou vir ons en ons kinders.

 

Tags:
Categories:

6 comment(s) so far...


Gravatar

Re: Swart en Wit

Om te connect is nie altyd maklik nie, trouens dit kan vrek moeilik wees. veral as dit oor die kleur en sosiale grense gaan. wat my interesseer: wat is die ervaring van mense wat vir die eerste keer in Khayelitsha kom. ek onthou jare gelede was daar wisselende emosies in my. Dit was nog in die tyd van apartheid toe die land gebrand het. Daar was beslis vrees en onsekerheid. Laat weet bietjie van jou ervaringe.

By Leon Oosthuizen on   Monday, September 20, 2010
Gravatar

Re: Swart en Wit

Saterdag in Khayelitsha was daar baie goed wat my onseker gemaak het. Dit lyk asof daar so baie politiek betrokke is. Dan voel dit vir my dat die mense wat daar bly en waar ons huise geverf het self meer betrokke kon gewees het en gehelp het. Op die plek waar ons was het die mense in die huis gesit en kuier terwyl ons geverf het. So ek sit met vrae...

By onseker on   Wednesday, September 22, 2010
Gravatar

Re: Swart en Wit

Die swart wereld is 'n komplekse wereld wat grootliks, indien nie heeltemal nie, bepaal word deur armoede. Armoede is 'n sisteem of toestand wat allesoorheersend is en wat veral goed soos sisteme en leierskap heeltemal verwoes en inhibeer. wanneer mense oor geen bronne en agtergrond beskik wat hierdie sake betref nie, is dit baie moeilik om so iets van die grond af te kry. Gewoonlik ontwikkel daar 'n mentaliteit van ek moet net ontvang, ek het niks om te gee nie.

By Leon on   Monday, September 27, 2010
Gravatar

Re: Swart en Wit

Vrae is goed, want dis so op pad na die antwoorde toe wat mens die meeste leer.

Ek wonder nogal baie oor my as wit Suid-Afrikaner se rol in transformasie tov armoede. Dit voel vir my dat daar na '94 en veral na die "aftrede" van Madiba 'n tyd gekom het waar die wit oorheersing oor armes net vervang is met 'n swart oorheersing oor armes. Die presiese ouens wat geveg het vir die vryheid van hulle eie mense is nou die ouens wat hulleself verryk en vere voel vir die res.

Waar laat dit my? Moet ek - as iemand wat toegang het tot sisteme en geleenthede en resources - 'n nuwe "anti-opression" war begin of moet ek stukkie vir stukkie armes help om 'n goeie lewe vir hulleself oop te kap? Gaan dit nie eenvoudig net te lank vat nie? Dit lyk my tog Jesus het gekies vir laasgenoemde.

By Martin Coetzee on   Wednesday, October 06, 2010
Gravatar

Re: Swart en Wit

Ek moet sê Xola Skosana se preek nou die dag oor "The call of the poor at midnight" was nogal uitdagend teenoor politici, insluitende en veral ook swart politici, om op te hou om na hulleself te kyk en te begin sorg vir die 50% bevolking wat in uiterste armoede leef. Die preek is hier op die website beskikbaar.
maar ek worstel ook met die vraag oor my eie rol - dis nogal maklik om die vinger na ander te wys! Ook ons sal moet rekenskap gee, want van hulle wat baie het, sal eendag baie gevra word!

By Leon on   Thursday, October 07, 2010
Gravatar

Re: Swart en Wit

Hier is 'n interessante boek oor armoede, en hoe ons daarby betrokke behoort te raak.
When helping hurts — Steve Corbett en Brian Fikkert (2009)
As volgelinge van Jesus Christus moet ons deernis teenoor armes betoon. Die probleem is dat baie Christene hulle Christelikheid tot persoonlike vroomheid verskraal het waarin sosiale kommer geen rol speel nie. Die skrywers definieer dan verligting van materiële armoede soos volg: dit is om die vier primêre verhoudings (God, self, ander en die skepping) te versoen sodat mense hulle roeping — om God te verheerlik deur te werk en hulleself en hulle gesinne te onderhou — kan vervul.
Die probleem is dat baie van ons goedbedoelde programme 'n negatiewe uitwerking het op beide die armes en op onsself. Hoekom? Ons fokus op simptome en vergeet skoon van die onderliggende siekte. In elke geval moet ons besluit wat nodig is:
1. Verligting — tydelike voorsiening van hulp in noodgevalle.
2. Rehabilitasie — die doel is om mense en hulle gemeenskappe te herstel tot die positiewe elemente van hulle pre-krisis toestand. Dit gaan oor werk met mense.
3. Ontwikkeling — hier word 'n proses bevorder wat hulle bemagtig om te wees wat God bedoel het hulle moet wees.
Die probleem is dat die kerk een model het — ons gebruik verligting in gevalle waar rehabilitasie en/of ontwikkeling nodig is. Die grootste struikelblok in ons hulp aan armes is paternalisme.
Hierdie boek hanteer die basiese konsepte van armoede — wie is die armes; beginsels in armoedeverligting en strategieë om armes by te staan. Dit leer vir ons hoe die plaaslike kerk wel 'n verskil kan maak. Hierdie is in wese 'n oproep om weer te dink oor ons hulpverleningsprogramme. In die proses integreer hulle insigte uit die Skrif en navorsing op die gebiede van die sosiale wetenskappe en gemeenskapsontwikkeling om met praktiese strategieë na vore te kom (daar is 'n hele hoofstuk oor korttermyn uitreike). Hierdie boek leer ons dat die algemene neiging om 'n pleistertjie op te plak meer nadele as voordele inhou.
Vir elkeen wat besig is met uitreikprogramme is hierdie 'n noodsaaklike handleiding. Dit gaan ons hantering van armes radikaal verander.

By Leon on   Friday, October 08, 2010

Your name:
Gravatar Preview
Your email:
(Optional) Email used only to show Gravatar.
Your website:
Title:
Comment:
Add Comment   Cancel