Mar
17
Written by:
Andries Johannes Combrink
Wednesday, March 17, 2010
Die Social Club het vir die eerste keer op 6 Maart by die Bell’s Golf Academy vir ‘n bietjie miniatuur golf bymekaar gekom. Daar was ‘n hele 8 van ons gewees, wat dalk nie te sleg is as mens dink die Social Club het laasjaar glad nie bestaan nie. Die belangstelling neem op die oomblik op ‘n weeklikse basis toe, wat my opgewonde maak oor wat ons aan die einde van die jaar kan verwag.
Van die 8 van ons het die oorgrote meerderheid mense mekaar nie geken nie. Dit is natuurlik die punt van die Social Club! Ons doel is om mense te connect. Daar was so ‘n paar keer gevra "wat doen jy?" en "waar bly jy?" maar eindelik het ons by die miniatuur golf gekom.
Na 9 putjies was dit duidelik hoekom Arno die golf voorgestel het. Sy telling was baie beter as die res van ons sin… Ons het afgesluit met ‘n ontbyt by die Bell’s Golf Academy restaurant en het ‘n tydjie gekry om mekaar so beter te leer ken. (Daar was amper meer Vrystaters aan tafel as Kapenaars.)
Nou ja, kom ek sluit weer af met iets om oor na te dink. Daar is iets te sê oor dankbaarheid… dit is soos om lekker te lag, dit troos ‘n mens, gee jou moed, bring tevredenheid. As jy jou breinkrag inspan om die dinge in jou lewe te vind waaroor jy kan dankbaar wees, is jy amper te besig om jou bekommernisse en tekortkominge raak te sien. Baie gou besef jy dan ook dat die Here nie so ver is as wat jy gedink het nie, of hoe dit soms voel nie, maar dat Hy by jou is in elke tree wat jy gee. Wanneer 'n mens die moeite doen om te kyk na die klein dingetjies in jou lewe om voor dankbaar te wees, besef jy ook baie vinnig dat die Here juis in die detail van jou lewe betrokke is.
Hou die afkondigings dop vir ons volgende geleentheid in April. Dit gaan great wees om julle daar te sien.