Sunday, May 20, 2012
   
Media Blogs
Blogsoek
Vertoon Blogs
Feb 17

Written by: Andries Johannes Combrink
Wednesday, February 17, 2010  RssIcon

As ek dit eenkeer gehoor het, het ek dit al baie gehoor vandat ek by Vredelust aangekom het: hier verander ons lewens en gemeenskappe. Weet jy wat? Dit is waar! Kom ons wees eerlik met mekaar, om jonk te wees en jou pad in hierdie wêreld oop te breek is nie kinderspeletjies nie. Daar is jou werk, jou motor wat jy moet afbetaal, eiendom wat mens iewers wil koop, vriende, verhoudings... en as jy 'n kind van die Here is gooi dit net meer olie op die vuur.

Moenie my verkeerd verstaan nie, ek sê wel die lewe is nie altyd maklik nie, maar juis dan terselfdetyd is dit die beste geskenk wat jy ooit sal kry. As die wêreld nag is, dan is die Here dag. Hy laat Sy vrede en vreugde vir ons na sodat ons werklik 'n lewe in oorvloed kan hê. Vredelust is by verre een van die beste plekke om te groei in jouself, teenoor ander en teenoor die Here.

Die doel van die Social Club is dat ons as jongwerkendes ook bietjie met mekaar kan connect. Ons gaan die eerste Saterdag van elke maand ietsie doen, van miniatuur golf tot ysskaats en wie weet wat nog alles. Jy word uitgenooi om deel te neem, nuwe mense te leer ken en net vir 'n kort rukkie met die rat-race te breek.

Maar hier is my stukkie raad vir vandag... as jy regtig eensaam voel, of jy sukkel om mense te leer ken, of jy weet net nie waar jy inpas nie... is die beste ding wat jy kan doen om 'n vrywilliger by Vredelust te word. Jesus het self gesê jy hoef jou nie te bekommer oor wat jy moet eet en drink of wat jy moet aantrek en al daai dinge nie, Hy weet klaar wat jy alles nodig het. Nee soek eerder eerste na die Koninkryk van God en Hy sal dit alles vir jou toevoeg. Neem dus 'n kans op die Here en soek Sy belange eerste. Hy is só groot in genade en liefde dat Hy homself net nie kan help om ons in oorvloed te seën nie, en min dinge maak Sy hart so bly as wanneer ons gelukkige en vol lewens lei.

Nou ja, ons eerste geleentheid is 06 Maart 2010, ek hoop om jou daar te sien. Jy kan hier jou besonderhede invul as jy graag wil hê dat ons jou op hoogte moet hou met alles wat ons gaan aanvang.

Tags:
Categories:

Your name:
Gravatar Preview
Your email:
(Optional) Email used only to show Gravatar.
Your website:
Title:
Comment:
Add Comment   Cancel