Thursday, February 23, 2012
Minimize
Zambië Uitreik 2012

Zambië 2012


Vredelust werk ten nouste saam met The Zambia project, wat 'n sendingsprojek van Assemblies of God: Tableview en Edgemead) is. Zambia Project se visie is om 'n kerk binne loopafstand van elke village in Wes Zambië te stig en op die been te bring. Jaarliks stuur Vredelust 'n span uit om hierdie projek te ondersteun en om die visie 'n werklikheid te help maak.

Laas jaar se span het 20 Julie - 1 Augustus 2011 uitgereik na die Ngundi village, op die oewer van die Zambezi rivier. Daar was 'n span van Northland Gemeente in Orlando, VSA wat saam met ons Zambie besoek het. 'n Paar lede van die span in oor na Mbeta eiland ('n onbereikte eiland in die middel van die Zambezi), waar 'n nuwe kerk gestig is. Die span in Ngundi het die plaaslike kerk ge-ondersteun, bemoedig en bedien. Hulle het ook huisbesoeke gedoen en by vir gesinne op so manier ondersteuning gegee.

 

Die planne vir die 2012 word tans bespreek. Meer inligting sal deurgegee word wanneer dit finaal is.