Thursday, February 23, 2012
Minimize
Lesotho Uitreik

Lesotho 2012

Vredelust werk ten nouste saam met Assemblies of God, Urban Edge Durbanville.  Hierdie sal ons derde jaar in Lesotho, Pulane wees. 

Projekte waarby ons gewoonlik betrokke is:

Basiese maintenance by orphanage

Vrouebediening

Herderskool

Kidsgames by skole & orphanage

Bedien van pastore in Pulane

Huisbesoeke

Bedien van mense in Roma

Datum:  28 September – 6 Oktober 2012

Koste:  +- R2500

Die visie is om so veel as moontlik mense in Lesotho se lewens aan te raak en hulle te bemagtig!

 

Planne vir 2012 word tans bespreek.  Meer inligting sal deurgegee word wanneer dit finaal is.

Navrae:  Sonja Basson 021 949 0096 / sonja@churchadventure.co.za

 Print  
Minimize
Lesotho Uitreik Terugvoer 2011

Lesotho Terugvoering 2011

 

Laas jaar se span het 30 September – 8 Oktober 2011 uitgereik na Pulane en Roma.  Daar was a span van Urban Edge Durbanville wat saam met ons Lesotho besoek het.

Hier is die volgende projekte / bedieninge waar ons betrokke was:

Maintenance – Ons het n jungle gym en swings opgesit vir die kinders by Pulane Orphanage Centre, asook n afdak waar hulle kan speel en huiswerk doen.  Hierdie area kan nou benut word in winter tye wanneer dit sneeu en reën.

Vrouebediening – Klomp fun aktiwiteite waar hulle bemoedig, bedien en bemagtig word.

 Herderskool, Kidsgames en bedien van pastore in Pulane.

 Die kinders was ook almal medies ondersoek. 

 Getroude paartjie van Urban Edge is geroep om voltyds in Roma te werk.  Hulle het Januarie permanent ingetrek en is tans besig om ‘n kerk daar te stig. Roma het een van die grootste Universiteite en die doel is om die mense in hierdie gemeenskap se lewens aan te raak! In Oktober het ons ‘n groot launch/konsert gehou met n bywoning van so 2000 mense.  Meeste was studente.  Daar was hulle ingelig oor die nuwe kerk wat gestig gaan word.  Ons het mense bemoedig en bedien.  Ek sien uit na dit wat die Here beplan vir 2012.

 

Dit was n amazing uitreik gewees.  Mense se lewens is aangeraak, ons vennootskap met Urban Edge is so veel meer sterker en spanlede het geestelik gegroei.  Die Here het een spesifieke vers op ons harte geplaas wat ons met die gemeenskap moet deel.  Ons het dit gebruik in al die projekte en bedieninge waarmee ons besig was.  Handelinge 20:35 – Onthou die woorde van die Here Jesus.  Hy het self gesê:  Om te gee, maak mens gelukkiger as om te ontvang.”

 Print