Thursday, February 23, 2012
   
Minimize
Khayelitsha Projekte

Vredelust en Way of Life werk saam in Khayelista onder die naam Hope Centre. Die Hope Centre het ‘n voltydste span van vier waarvan een persoon van Vredelust kom an die ander van Way fo Life. Vir meeste van die “projekte” gebruik ons ‘n groot klomp vrywilligers uit Vredelust en Way of Life. Sonder ons vrywilligers sou ons baie min van die projekte suksesvol kon aanpak.

Luhlaza Hoërskool ekstra klasse

Ons het 'n droom om te help dat Luhlaza een van die top skole in Suid-Afrika sal word. Ons gaan Saterdaeoggende Luhlaza toe en help Graad 12 leerders met

  • Engels (09:00 - 10:00)
  • Wiskunde (10:10 - 11:30)
  • Rekeningkunde (10:10 - 11:30)

Ons bedien tans ongeveer honderd Gr.12 leerlinge elke Saterdag met ekstra klasse.

Ikamvalethu beteken 'ons toekoms' en is die naam wat die leerders van Luhlaza self gekies het vir hierdie program. Hulle (die leerders van Luhlaza) besef eindelik dat die toekoms in hulle hande en harde werk is, nie in dit wat ander vir hulle gaan persent gee en uitdeel nie.

Ons wil graag hierdie program uitbrei sodat ons graad 10 en 11 leerders ook kan help. As volunteer sal jy vir 3 jaar (graad 10 - 12) met dieselfde leerders bly. Ons het ten minste 3 volunteers nodig per vak per jaargroep sodat daar afwisseling kan wees met watter Saterdae watter voluteers sal uithelp. Met ander woorde, dit is nie nodig om elke Saterdag te gaan nie, en ons is net besig tydens die kwartaal wanneer daar nie eksamen geskryf word nie. Gewoonlik werk dit uit op 5 to 7 naweke per kwartaal. As jy dus kans sien om 3 of 4 Saterdagoggende van 'n kwartaal op te offer is jy net die regte persoon.

Indien jy belangstel om betrokke te raak by hierdie projek kontak vir Pieta Wolfaardt by pieta@churchadventure.co.za.

 

Lees en skryf klasse vir kleintjies

Ons bied ook ‘n basies lees en skryf klas aan vir jong kinders (ouderdom 6-12) uit die gemeenskap. Meeste van hulle is uit die Way of Life Sondagskool gewerf, maar hulle het binne die eerste week al hul ander maatjies ook saamgebring.

Vir inligting kontak Pieta Wolfaardt by pieta@churchadventure.co.za of 082 302 2000

 

Musiek lesse

Ons fokus met die klein kinders is hulle te leer om die blokfluit te speel en te leer om musiek te lees en basiese teorie te verstaan. Keyboard en Kitaar lesse word ook aangebied vir jong volwassenes en hoërskool leerlinge wat al ‘n basiese begrip en agtergrond het.

Vir inligting kontak Lina Hattingh by lina@churchadventure.co.za of (021) 950 4461

 

Kids Fitness club

Elke Saterdag oggend kom tussen 50 en 60 kinders in die Peace Park bymekaar vir ‘n twee uur aktiviteit wat focus op fisiese en geestelike gesondheid. Die doel is om kinders in te trek deur sport en avontuur en hulle op die manier bloot te stel aan lewens vaardighede en ook aan ons redder, Jesus Christus.



MIV ondersteunings groep

'n Groep van ongeveer 30 HIV positiewe mense kom elke twee weke bymekaar om mekaar te ondersteun. Die doel van die groep is om mense wat dink hulle is tot die dood gevonnis te laat vertaan dat hulle nog ‘n goeie lewe kan lei en dat hulle nog 'n sukses van hulle lewe kan maak. Ons gee vir hulle goeie Voedings wenke en help hulle om te dink aan eie bronne van inkomste. Ons voorsien ook elke maand ‘n basiese kospakkie vir mense wat ARV’s moet gebruik.

In die week by die skool

In die week is die span van die Hope Centre aan die werk met die volgende:

  • Daaglikse Lewens orientasie klasse by Luhlaza Hoërskool
  • Ons gaan ook binnekort ‘n kantoor by die skool inrig vir berading en om sommer net daar te wees vir hulle.
  • ‘n Weeklikse genesings bediening - "Khululeka" wat "Be Free!" beteken. Idt gee skool kinders die geleentheid om uiting te gee aan die laste/ "baggage" wat hulle dra en hulle aan te moedig om daardie las vir Jesus te gee.

Vir meer inligting oor die Kids Fitness en Die MIV groep, kontak Pieta Wolfaardt by pieta@churchadventure.co.za of 082 302 2000