Geloofsverklaring
Vredelust Gemeente is ‘n evangeliese kerk wat sy wortels stewig in Bybelse doktrines geanker het, en wat ontvanklik vir die werk en manifestasie van die Heilige Gees is.
Ons Missie
Om lewens en gemeenskappe te verander.
Ons glo dat God jou red om jou in staat te stel om Hom te dien, in ‘n gemeenskap van mede-gelowiges te leef, en aktief te help om mense en gemeenskappe te omskep na dit wat God hul bestem het om te wees.
Ons Waardes
Ons glo dat alles wat ons doen moet plaasvind in die gees van die volgende Bybelse waardes:
Aanbidding – Dit sluit in, maar is meer as, passievolle lofprysing en aanbidding. Dis om te leef as ‘n koninkryksburger van die hemelse ryk maar stewig geplant as heersers op hierdie aarde wat God se skepping is en wat Hy aan ons toevertrou.
Gebed – Om God se heerskappy in ons lewens te erken deur aktief na sy leiding en raad deur gebed te soek, en Hom te vertrou om die bo-natuurlike te doen. Om te bid - beide saam met gelowiges sowel as nie-gelowiges - as deel van ons geestelike wandeling saam met God.
Gelei deur die Heilige Gees –Om deur die Heilige Gees bemagtig te wees en konstant van sy leiding, deur die Woord en sy persoonlike instruksie, bewus te wees.
Liefderyke verhoudings – ‘n Gesonde geestelike lewe is gegrond in, en bevestig deur, sterk standhoudende verhoudings wat tussen mede-gelowiges gevorm word met die doel om saam meer soos Christus te word, en om sodoende die liefde van Christus met nie-gelowiges te deel.
Vennootskap –Om hande in vriendskap met eensgesinde gemeentes en organisasies te vat en sodoende die armes, die liggaam van Christus, en onder-ontwikkelde lande van die wêreld by te staan.
Bemagtiging – Om individue en gemeenskappe te help om hul volle potensiaal te bereik deur hul te ondersteun, op te lei, raad te gee en aan te spoor tot ‘n gesonde selfbeeld en volhoubaremetodes.
Geloofsverklaring
Ons glo dat die Bybel, beide die Ou en Nuwe Testament, God se Woord is. Ons glo dat dit akkuraat is, dat dit Christene se bemagtiging in geloof en gedragskode is, en sodoende toepaslik op ons daaglikse lewens is.
2 Timoteus 3:16
Ons glo in een ewige God wat die Skepper van alle dinge is. Hy bestaan in drie Persone: God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees. ‘n Drie-enige God. Hy is totaal liefdevol, heeltemal heilig en vol geregtigheid.
Genesis 1:26, Deuteronomium 6:4, Jesaja 6:8
Ons glo dat sonde elkeen van ons van God en sy wil vir ons lewe verwyder.
Romeine 3:23
Ons glo dat die Here Jesus Christus as beide God en mens die enigste Een is wat ons met God kan versoen. Hy het mens deur die wonder van ‘n maagd-swangerskap geword, ‘n sondelose en voorbeeldige lewe gely, aan die kruis in ons plek gesterf en opgestaan om sy oorwinning te bewys en sodoende ons in staat is om ons sonde te verwyder en ons lewenslank te bemagtig.
Matteus 1:18-23, Johannes 1:1-3
Ons glo dat ons ons sonde moet bely teenoor die Verlosser Jesus Christus ten einde vergifnis te ontvang en weergebore te raak – en dat ons so ‘n kind van die lewende God raak deur die Heilige Gees wat nou in ons kom woon.
Johannes 3:3-5,1 Johannes 1:7-9, Johannes 5:24, Efesiërs 1:6-7, Efesiërs 2:8-9, Titus 3:5, 1 Petrus 1:23,
Ons glo in die waterdoop as teken van die afsterf van die ou lewe en die opstaan in die nuwe lewe. Ons glo in die doop met die Heilige Gees en die voortdurende vervulling met die Gees as die sleutel tot ‘n vrugbare lewe waarin die gawes van die Gees na vore kom.
Handelinge 2:38-39, Johannes 14:16-17,Romeine 6, Galasiërs 5:16,Acts 1:8, 1 Korintiërs 12:4-7
Ons glo in die krag en belangrikheid van die plaaslike kerk en die noodsaaklikheid vir gelowiges om gereeld te vergader in beide groot byeenkomste sowel as kleiner groepe vir aanbidding, gebed, geestelike opbou en die “breek van brood”.
Handelinge 2
Ons glo dat God ons elkeen afsonderliktoegerus het sodat ons sy wil met ons lewens suksesvol kan uitvoer. Sy doel vir ons lewens is om God te dien, om ons rol in die kerk vol te staan en om die gemeenskap waarin ons bly, te dien. Hy wil ons heel maak en transformeer sodat ons gesonde en geseënde lewens kan lei en sodoende ander individue en gemeenskappe te help om vol lewens te lei.
Efesiërs 2:10, Matteus 22:36-39, Efesiërs 4:12,2 Korintiërs 3:18, Kolossense 1:26-29,
Ons glo dat die Here Jesus Christus weer terugkom na hierdie aarde soos Hy belowe het en dat ons ewige bestemming bepaal word deur die wil van God en die keuses wat ons gemaak het.
Johannes14:1-, Handelinge 1:9-11, 1 Tessalonisense 4:13-18, 2 Petrus 3:3-15, Openbaring 1:7-8, Daniel 12:2-3, Johannes 5:28-29, Matteus 25:46, 2 Tessalonisense1:9, Openbaring 20:10-15