Saturday, May 19, 2012
   
Media Blogs
Blogsoek
Vertoon Blogs
Mar 31

Written by: Karin Muller
Thursday, March 31, 2011  RssIcon

Ek het Dinsdagaand gedeel hoe God se wandel met Dawid my so verras het. Toe Dawid gevlug het na die grotte, weg van Saul, het God seker gemaak Hy stuur vir hom 'n ondersteuningsgroep wat agterna by hom aangesluit het. Kyk hoe het hierdie 'Healing Community' gelyk:

"Verder het elkeen wat in die moeiliheid was, en elkeen wat 'n skuldeiser gehad het, en elkeen wat verbitterd was, by hom aangesluit, en hy het hulle leier geword. Daar was ongeveer vier honderd man by hom." (1 Sam 22:2)

As mens verder gaan lees, sal mens sien dat hulle klein groepie die Filistyne verslaan het (1 Sam 23:1-5). God het klomp weerlose, stukkende mense na Dawid gestuur en deur hul swakheid, het Sy grootheid bekend geword en kon Sy bonatuurlikheid sigbaar word.

As mens gaan kyk na Jesus se tydjie hier op aarde, sal mens sien dat Sy wonderwerke en bonatuurlikheid altyd plaasgevind het tussen mense. Hy en Sy dissipels het altyd saam geloop, mense bedien en wonderwerke verrig. God werk altyd binne groepe en gemeenskappe. Sy krag word sigbaar wanneer 'swak' mense saam beweeg. Kyk na die dissipels...Mattheus was 'n skelm, Petrus het 'n humeur probleem gehad en Jesus verraai, Thomas was ongelowig en het getwyfel in sy geloof ens. Maar Jesus het elkeen kom aanraak, genees en persoonlik laat groei soos hulle saam as 'n groep beweeg het. En so het die groep ook ander bedien en invloed gehad daar buite.

En ek glo dit is wat die res van Travel Lite gaan inhou - groepe mense wat saam weerloos is, gaan bonatuurlikheid en genesing beleef.

Het jy al 'n stuk van dit beleef? Waar is jy nou na die Life Story?

 

Tags:
Categories:
Location: Blogs Parent Separator Travel Chat...

1 comment(s) so far...


Gravatar

Re: Wat nou?

Om my life story te vertel het my veral gehelp om God se voorsiening raak te sien. Ek het bewus geraak van baie goed wat die afgelope tyd gebeur het waar Hy dinge bespoedig het en 'n onsmaaklike situasie soveel beter gemaak het.

By Anna-Marié on   Sunday, April 10, 2011

Your name:
Gravatar Preview
Your email:
(Optional) Email used only to show Gravatar.
Your website:
Title:
Comment:
Add Comment   Cancel