Die Vredelust familie is hier met ‘n doel. Ons is nie hier vir ‘n klompie “insiders” nie . Ons is nie ‘n godsdienstige diensverskaffer nie. Ons is hier om dissipels te maak.
18 Jesus kom toe nader en sê vir sy dissipels: “God het die volle mag oor hemel en aarde aan My toevertrou. 19 Gaan dan, maak al die nasies my dissipels, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. 20 Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle opgedra het. En weet vir seker: Ek is vir altyd by julle, tot aan die einde van die wêreldgeskiedenis.” Matteus 28:18-20 Nuwe Lewende Vertaling
So verander ons lewens en gemeenskappe. Hierdie kort reeks reg aan die begin van die jaar wil jou inspireer om God se heel beste vir jou en ander in 2012 te beleef.