Hartklopnaweek
Die Hartklopnaweek weerspieël ons hartklop oor gemeenskapsbetrokkenheid. Daar is nog plek vir enkele persone wat die Vrydag en Saterdag wil bywoon.
Datum: 12 - 14 Maart 2010
Vir enige persoon wat belangstel of vir verdere navrae kontak Sonja Basson by sonja@churchadventure.co.za of 021 950 4443.
Madeliefies (Huishulpe)
Madeliefies vergader weer op Donderdag 11 Maart 2010 in die Vredelust Restaurant om 19:30.
Wekgewers moedig asseblief jul inslaap-huishulpe aan om aan te sluit by die Madeliefie-groep.
Vir meer inligting kontak Elmarié van Zyl by (021) 948 2218 (n/u)
Kidzklub in skoolvakansie
Daar is Kidsklub tydens die skoolvakansie en word deur Barefoot Ministries aangebied vir alle 6-12 jariges.
Datum: Maandag 29 Maart 2010 - Woensdag 31 Maart 2010
Tyd: 09:00 - 12:00
Vir verderde navrae kontak Tertius van den Berg by 082 783 7107 of tertius@churchadventure.co.za.
Tienerbediening
Daar word dringend 3 mans benodig om by die tienerbediening te help. Indien jy belangstel kontak vir Pieta Wolfaardt by 021 950 4464 of 082 302 2000. Of jy kan vir hom 'n epos stuur by pieta@churchadventure.co.za.
iDiski
Ons benodig nog 5 mense tussen die ouderdom van 18 - 25 jaar om te help met die Sokker Wêreldbeker uitreik. Vir verdere inligting kontak Jaco Vollgraaff by 021 950 4451 of jaco@churchadventure.co.za.