Ons is baie dankbaar dat as gevolg van ons miracle offergawes dat daar reeds 'n staalstruktuur opgerig is vir die gemeenskapsentrum van Way of Life en Vredelust.
Ons wil dit nou verder neem deur saam met Way of Life die fondasie te voltooi sodat daar begin kan word om die mure te bou. Ten einde die fondasie te gooi op 22 Mei 2010 benodig ons die volgende:
- Sement: 125 sakke teen R70 per sak.
- Klip: 40 half meters teen R100 per 0.5 meter.
- Sand: 60 half meters teen R80 per 0.5 meter.
Jy kan ons met help deur 'n borgvorm in te vul en 'n sak sement of half meter klip of sand te borg. Vul sommer hier die borgvorm in.
Die bankbesonderhede vir hierdie projek is:
Bank: ABSA
Rekening: Bold Moves
Nommer: 407 582 7162
Tak: 632 005
Vir verdere navrae kontak Jaco Vollgraaff by 021 950 4440 of jacov@churchadventure.co.za.