Hartklopnaweek
Die Hartklopnaweek weerspieël ons hartklop oor gemeenskapsbetrokkenheid. Daar is nog plek vir enkele persone wat die Vrydag en Saterdag wil bywoon.
Datum: 12 - 14 Maart 2010
Vir enige persoon wat belangstel of vir verdere navrae kontak Sonja Basson by sonja@churchadventure.co.za of 021 950 4443.
Social Club
Daar is 'n sosiale geleentheid vir jong werkendes by Bells Golf Academy om bietjie te connect en saam miniatuur golf te speel.
Datum: 06 Maart 2010
Tyd: 09:00 - 12:00
Koste: R35.00 pp
Vir verdere navrae of belangstelling kontak Arno Kotze by 083 357 5328.
Movie-aand
'n Diens met 'n verskil. Ons hou weer 'n 'Movie-aand'. Kom ontspan en kyk fliek saam met ons. Die DVD Paperclips word gewys en daar sal popcorn, koeldrank, sjokolade, lekkergoed en hamburgers wees om te koop en geniet, dit is alles deel van die pret.
Kom getiet dit saam!
Kos en lekkergoed verkope begin 17:30.
Datum: 7 Maart 2010
Tyd: 18:25
Plek: Vredelust Ouditorium
Madeliefies (Huishulpe)
Madeliefies vergader weer op Donderdag 25 Februarie 2010 in die Vredelust Restaurant om 19:30.
Wekgewers moedig asseblief jul inslaap-huishulpe aan om aan te sluit by die Madeliefie-groep.
Vir meer inligting kontak Elmarié van Zyl by (021) 948 2218 (n/u)
Praatjie oor Geestesgesondheid
Daar word weer 'n praatjie aangebeid oor Geestesgesondheid. Die onderwerp is "Die nuutste kennis oor Skisofrenie" met Prof Liezl Koen as spreker.
Datum: Donderdag 25 Februarie 2010
Tyd: 18:00 - 19:00
Plek: Opleidingsentrum by Stikland Hospitaal
Vir verdere navrae kontak Madeleine Swart by 021 940 4591 of 082 434 7377. Praatjies word gratis aangebied maar donasies is welkom.