Ongewone Liefde Veldtog
Raak deel van ons Ongewone Liefde Veldtog. Al is jy reeds deel van 'n selgroep of 'n selleier moet jy asseblief inskryf indien jy wil deelneem.
- Woon 6 dienste by van 02 Mei tot 06 Junie 2010.
- Sluit aan by 'n kleingroep vir 6 weke.
- Lees die daaglikse inspirasie vir 40 dae.
- Woon Love Day by op 22 Mei 2010.
- Opsioneel: Woon die Re-Connect geleentheid by. (Kontak Martin Coetzee)
Jy kan hier in inskryf.
Prediker
Die volgende Prediker verskyn aan die einde van Mei. Advertensies of getuienisse kan gestuur word aan prediker@wam.co.za of skakel (021) 913 3218.
Alta du Toit Nasorg
Die Alta du Toit nasorg in Boston vir volwassenes wat intellektueel gestremd is benodig weer toiletware vir die inwonende kliënte.
Die volgende word tans benodig:
- Tandepasta
- Tandeborsels
- Seep
- Deodorant
- Weggooibare skeermesse
- Lyfroom
- Sneesdoekies
Baie dankie vir elkeen wat sy hart oopmaak vir hierdie spesiale mense!
Enige skenkings kan aan Marietjie van Eck by die kerkkantoor gegee word of sy kan gekontak word by (021) 950 4453 of marietjie@churchadventure.co.za.
Microsoft Powerpoint & Word
Cassie Carstens is op soek na iemand wat Microsoft Powerpoint & Word verstaan en wat die volgende kan doen: "To help insert new logos, change document authorship and some typesetting."
Die werk kan teen betaling geskied. Kontak asseblief vir John Yip by 072 530 1258.
Madeliefies (Huishulpe)
Madeliefies vergader weer op Donderdag 22 April 2010 in die Vredelust Restaurant om 19:30.
Wekgewers moedig asseblief jul inslaap-huishulpe aan om aan te sluit by die Madeliefie-groep.
Vir meer inligting kontak Elmarié van Zyl by (021) 948 2218 (n/u)
Vroue Oggend (AZAR)
AZAR (Instrument van God) - Dinsdae 06:00 - 07:00 in die Vredelust Restaurant.
Manne Oggend (TGIF)
TGIF (Today God is First) - Vrydae 06:00 - 07:30 in die Vredelust Restaurant.