Kom Bid Saam (Intersessie)
Kom deel gerus in die 'Anointing' van gebed! Elke Dinsdagoggend by Vredelust gebedskamer van 10:00 - 11:00.
Fondasieskool
Die Fondasieskool begin 8 Februarie 2010 vir 6 weke @ R120 vir die hele reeks.
Tyd: 18:30 - 20:30
Plek: Vredelust Konferensielokaal
Volunteers vir Musiekskool
Ons benodig volunteers vir Khayalitsha musiekskool - mense wat kan help met onderrig van basiese keyboard en blokfluit-skills.
Tyd: Saterdag-oggende van 09:00 - 10:00.
Vir verdere navrae of belangstelling kontak Lina Gaum by lina@churchadventure.co.za of 021 950 4461.
Madeliefies (Huishulpe)
Madeliefies vergader weer op Donderdag 11 Februarie 2010 in die Vredelust Restaurant/Konferensielokaal om 19:30. Kom doen saam gym oefeninge.
Wekgewers moedig asseblief jul inslaap-huishulpe aan om aan te sluit by die Madeliefie-groep.
Vir meer inligting kontak Elmarié van Zyl by (021) 948 2218 (n/u)
Ron Martoia - Transforming the Church
Ron Martoia is 'n Amerikaanse wêreldbekende kerkleier en -konsultant. Kom luister gerus oor wat Ron te sê het oor kerk en bediening in ons konteks nou.
Datum: Sondag 14 Februarie 2010
Plek: Vredelust Ouditorium vir al 4 dienste
Rina Hugo en Jammies Jamneck
Rina Hugo en Jammies Jamneck tree op by Vredelust.
Datum: Sondag 14 Februarie 2010
Tyd: 18:30
Plek: Vredelust Kerkgebou
Prediker
Die volgende Prediker verskyn aan die begin van Maart. Advertensies of getuienisse kan gestuur word aan prediker@wam.co.za of skakel (021) 913 3218.