Die Barnyard bied aan: Alive
Alive is 'n aangrypende verhaal oor 'n broer en 'n suster en hoe die boodskap van Paasfees hulle persoonlike omstandighede verander. Beide van hulle word gekonfronteer oor wat dit beteken om te gee in liefde en te ontvang.
Die baie bekende en gewilde gospelpaar, Willie en Natasha Joubert, sal hierdie pragtige verhaal inkleur met hulle inspirerende sang.
Ons nooi almal uit wat hierdie Paasfees weer opnuut wil beleef waaroor dit regtig gaan in hierdie tyd. Selgroepe is baie welkom.
Datums: 1, 3 en 4 April 2010
Prys: R75 pp (Besprekings van 10 of meer kaartjies teen R60 pp)
Vir verdere navrae kontak Lorraine by 084 713 8474.