Gary Kieswetter
Gary Kieswetter is weer met ons op die volgende datum vir 'n Genesingsdiens:
Datum: Woensdag 03 Februarie 2010
Tyd: 19:00
Plek: Vredelust Ouditorium
Kom Bid Saam (Intersessie)
Kom deel gerus in die 'Anointing' van gebed! Elke Dinsdagoggend by Vredelust gebedskamer van 10:00 - 11:00.
Fondasieskool
Die Fondasieskool begin 8 Februarie 2010 vir 6 weke @ R120 vir die hele reeks.
Tyd: 18:30 - 20:30
Plek: Vredelust Konferensielokaal
Madeliefies (Huishulpe)
Madeliefies vergader weer op Donderdag 04 Februarie 2010 in die Vredelust Restaurant/Konferensielokaal. Vir meer inligting kontak Elmarié van Zyl by (021) 948 2218 (n/u)
Vredelust Connect
Indien jy belangstel om by 'n kleingroep in te skakel of wil aansluit by die gemeente, is Vredelust Connect net die ding vir jou. Dis 'n lekker informele geleentheid, wat aan jou die geleentheid bied om ander mense in die gemeente te ontmoet.
Datum: Maandag 01 Februarie 2010
Plek: Vredelust Ouditorium
Tyd: 19:00 - 21:00
Vir navrae kontak Christell King by cking@churchadventure.co.za of 021 950 4441 (faks: 021 950 4467)
Let wel: Daar moet ingeskryf word vir die geleentheid aangesien on graag vir jou gratis verversings wil verskaf. Jy kan hier inskryf.
Ron Martoia - Transforming the Church
Ron Martoia is 'n Amerikaanse wêreldbekende kerkleier en -konsultant. Kom luister gerus oor wat Ron te sê het oor kerk en bediening in ons konteks nou.
Datum: Sondag 14 Februarie 2010
Plek: Vredelust Ouditorium vir al 4 dienste
Rina Hugo en Jammies Jamneck
Rina Hugo en Jammies Jamneck tree op by Vredelust.
Datum: Sondag 14 Februarie 2010
Tyd: 18:30
Plek: Vredelust Kerkgebou
Prediker
Die volgende Prediker verskyn aan die begin van Maart. Advertensies of getuienisse kan gestuur word aan prediker@wam.co.za of skakel (021) 913 3218.