Fondasieskool - Jou pad na ‘n suksesvolle geestelike lewe
Die doel van Fondasieskool is om vir jou die nodige "tools" te gee om jou lewe op Christus te bou en 'n ware volgeling van Hom te wees. 'n Interaktiewe benadering wat self-studie, groepwerk, lesings, video-insetsels en praktiese toepassing insluit word gevolg.
Dit strek oor 6 weke en dek 3 basiese areas van jou geloofslewe:
- Dink soos Jesus dink
- Word soos Hy is
- Doen wat Hy doen
Datum: Begin Maandag 8 Februarie 2010
Tyd: 18:30 – 20:30
Plek: Vredelust Konferensielokaal
Koste: R120.00
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 8 Februarie 2010 (12:00). Jy kan hier inskryf. Vir meer inligting oor die maniere om te betaal sien hierdie bladsy.