Sunday, May 20, 2012
Minimize
Retief Burger

Retief Burger – VREDELUST Gemeente – Vrydag 24 Februarie 2012

Die bekende sanger en aanbiddingsleier, Retief Burger, besoek Vredelust Gemeente op 24 Februarie 2012.  Daar  sal die oggend van 09h00 tot 13h00 ‘n geleentheid vir alle musikante en aanbiddingsleiers wees om ‘n werkswinkel van Retief by te woon.  Die koste beloop R50 per persoon en jy kan jou plek verseker deur vir Lina Hattingh voor 20 Februarie te kontak by lina@churchadventure.co.za

 In Retief se eie woorde:  “Het jy al ooit lank genoeg gedink oor hoekom jy doen wat jy doen? Wat is die rede agter alles wat jy aanpak? Hierdie vraag is veral belangrik as ons in die bediening is.  Veral op die verhoog... Tydens ons werkswinkel gaan ons veral hieroor gesels. Wat is ons motiewe agter ons bediening en hoe kan ons seker maak dat ons in suiwerheid bly bedien. Al hierdie vrae help ons ook om karakter 'issues' soos jaloesie, vergelyking en minderwaardigheid te hanteer. Wanneer Jesus die middelpunt van alles is word bediening 'n groot vreugde en kan ons ons talente vreesloos in sy koninkryk gebruik. Ons gaan ook gesels oor die teologie agter aanbidding en hoekom 'excellence' so belangrik vir die Here is. Ek vertrou dat ons almal saam gaan groei in hierdie werkswinkel..."

Die aand van 24 Februarie sal daar ‘n aanbiddingsgeleentheid wees wat nie gemis moet word nie!  Dit skop af met ‘n Uitreikfees wat reeds om 18h00 sal open en Retief se optrede begin om 19h30.  Die kaartjies is beskikbaar vanaf 5 Februarie @ R50 by Vredelust Ontvangs (021) 949 0096 of 950 4452.  Kom ondersteun gerus die kosstalletjies en geniet die aand saam met ons. 

 Print