Wednesday, February 22, 2012
   
Kleingroepe Selgroepe
Vredelust Selgroepe

Goeie, gesonde verhoudings met ander is ‘n baie belangrike deel van ‘n gebalanseerde lewe en is ‘n noodsaaklikheid om geestelik te groei.  Vredelust se kleingroepe is ‘n ideale manier om vinnig deel te word van die gemeente, nuwe vriende te maak en sterk verhoudings te bou.

Kleingroepe het ‘n kleingroepleier wat elke sessie fasiliteer. Dit vind plaas een maal ‘n week en is ongeveer twee ure lank. Daar is tussen 6 – 12 mense in ‘n groep, wat saam eet, gesels, lag, deel, bid – en so geestelike vriendskappe bou. Kom raak connected!

Vredelust het meer as 60 kleingroepe! Dus is daar beslis ‘n regte ene vir jou.

Indien jy by 'n selgroep wil aansluit of vir navrae, kontak Christell King by (021) 950-4440 of cking@churchadventure.co.za.