CD en DVD opnames word gedoen van die 10:00 en 18:30 dienste in die Ouditorium. CD opnames word ook gedoen van die 09:00 diens in die Kerkgebou. Geen DVD opname word gemaak van die 09:00 diens in die Kerkgebou nie. Bestellings en afhaal van preekopnames word by die boekwinkel gedoen. Kopieer-werk word Maandae en Dinsdae gedoen. Ons laat die klient via sms weet sodra die bestelling gereed is.
Prys van DVD = R30.00
Prys van CD = R20.00
(Daar is nie klaar CD en DVD beskikbaar nie; ons maak dit op met bestelling.)