Wednesday, September 08, 2010

Vredelust Internskap Program

Minimize

Vredelust is ‘n dinamiese, groeiende Gemeente wat volgens Bybelse beginsels wil leef. Ons wil die DNA van die kerk in Handelinge hê en so God se familie wees. Hier word gepoog om in almal se behoeftes te voorsien en vir almal geleenthede te skep om hulle drome uit te leef. Daarom is kwalitatiewe groei net so belangrik as kwantitatiewe groei. En om na buite te leef net so belangrik as om gesond en sterk te wees na binne.

Julle is lede van die huisgesin van God…’n geestelike huis waarin God woon. Efesiërs 2:19-22

Om die soort kerk te wees waarvan die Bybel praat, het ons ‘n sekere infrastruktuur nodig. Daar is byvoorbeeld voltydse mense nodig om gelowiges te help met hulle groei – om die Gemeente op te bou en uit te bou. Internskap is ‘n nuwe opwindende manier om hierdie behoefte aan te spreek. Toekomstige kerkleiers word gekweek en ons personeel se hande word versterk. Sodoende kan ons ons missie beter volvoer.

Hy het sommige gegee... om God se mense toe te rus vir die werk wat hulle in sy diens moet doen. Hulle werk is om Christus se liggaam op te bou. Efesiërs 4:11-12

Om deel te wees van die huis van God is ook om deel te neem aan dit wat plaasvind in die huis van God. Dit is om partners van die Gemeente te wees. Partners is mense wat inkoop in die missie van die Gemeente en dit daadwerklik ondersteun. Partners belê ook finansieël om die visie en missie te help volvoer. Elke jaar is daar tydens ons Miracle Offer veldtog spesifieke geleentheid hiervoor.

Die verskillende liggaamsdele pas bymekaar en vorm saam ‘n eenheid. Elkeen van hulle vervul sy funksies, en so bou die liggaam homself op in liefde. Efesiërs 4:16

Vir verdere inligting kontak Jaco Vollgraaff by 083 314 8127 of jacov@churchadventure.co.za.

Vredelust Gemeente Copyright 2010 - Hosted and Created by DWS