Vredelust en Way fo Life werk saam in Khayelista onder die naam Hope Centre. Die Hope Centre het ‘n voltydste span van vier waarvan een persoon van Vredelust kom an die ander van Way fo Life. Vir meeste van die “projekte” gebruik ons ‘n groot klomp vrywilligers uit Vredelust en Way of Life. Sonder ons vrywilligers sou ons baie min van die projekte suksesvol kon aanpak.
Luhlaza Hoërskool ekstra klasse
Ons bedien tans ongeveer honderd Gr.12 leerlinge elke Saterdag met ekstra klasse in Engels, Wiskunde en Rekeningkunde. Die leerlinge het self die naam “Ikamvalethu” (wat Our Future beteken) vir die program gekies. Dit is vir ons ‘n goeie aanduiding dat hulle besef hulle is self verantwoordelik vir hul eie toekoms en dat hulle bereid is om eksta hard daarvoor te werk. Ons beoog om ook klasse te begin vir gr 10 en 11 leerlinge, maar benodig nog volunteers om te kom help.
Lees en skryf klasse vir kleintjies
Ons bied ook ‘n basies lees en skryf klas aan vir jong kinders (ouderdom 6-12) uit die gemeenskap. Meeste van hulle is uit die Way of Life Sondagskool gewerf, maar hulle het binne die eerste week al hul ander maatjies ook saamgebring.
Musiek lesse
One het in 2009 ook suksesvol musiek klasse begin aanbied. Met die klein kindertjies fokus ons op blokfluit om hulle te leer om musiek te lees en basiese teorie te verstaan. Keyboard en Kitaar lesse word ook aangebied vir jong volwassenes en hoërskool leerlinge wat al ‘n basiese begrip en agetrgrond het.
Kids Fitness club
Elke Saterdag oggend kom tussen 50 en 60 kinders in die Peace Park bymekaar vir ‘n twee uur aktiviteit wat focus op fisiese en geestelike gesondheid. Die doel is om kinders in te trek deur sport en avontuur en hulle op die manier bloot te stel aan lewens vaardighede en ook aan ons redder, Jesus Christus.
UBABLO program
Die ontwikkeling van sokker spanne deur die UBABALO program wat afrigters leer om lewensvaardighede en leierskap ontwikkeling aan spanne oor te dra as deel van hul coaching .
Basic Business Skill
‘n “Besigheid geletterdheid” kurus vir jong volwassenes om hulle te help om eie besighede te kan begin en suksesvol bestuur. Dit is vir meeste van die mense in Khayelitsha die enigste oplossing tot ‘n goeie bestaan.
MIV ondersteunings groep
'n Groep van ongeveer 30 HIV positiewe mense kom elke twee weke bymekaar om mekaar te ondersteun. Die doel van die groep is om mense wat dink hulle is tot die dood gevonnis te laat vertaan dat hulle nog ‘n goeie lewe kan lei en dat hulle nog 'n sukses van hulle lewe kan maak. Ons gee vir hulle goeie Voedings wenke en help hulle om te dink aan eie bronne van inkomste. Ons voorsien ook elke maand ‘n basiese kospakkie vir mense wat ARV’s moet gebruik.
In die week by die skool
In die week is die span van die Hope Centre aan die werk met die volgende:
- Daaglikse Lewens orientasie klasse by Luhlaza Hoërskool
- Ons gaan ook binnekort ‘n kantoor by die skool inrig vir berading en om sommer net daar te wees vir hulle.
- ‘n Weeklikse genesings bediening - "Khululeka" wat "Be Free!" beteken. Idt gee skool kinders die geleentheid om uiting te gee aan die laste/ "baggage" wat hulle dra en hulle aan te moedig om daardie las vir Jesus te gee.