Ons het 'n droom om te help dat Luhlaza een van die top skole in Suid-Afrika sal word. Ons gaan Saterdaeoggende Luhlaza toe en help Graad 12 leerders met
- Engels (09:00 - 10:00)
- Wiskunde (10:10 - 11:30)
- Rekeningkunde (10:10 - 11:30)
Ikamvalethu beteken 'ons toekoms' en is die naam wat die leerders van Luhlaza self gekies het vir hierdie program. Hulle (die leerders van Luhlaza) besef eindelik dat die toekoms in hulle hande en harde werk is, nie in dit wat ander vir hulle gaan persent gee en uitdeel nie.
Ons wil graag hierdie program uitbrei sodat ons graad 10 en 11 leerders ook kan help. As volunteer sal jy vir 3 jaar (graad 10 - 12) met dieselfde leerders bly. Ons het ten minste 3 volunteers nodig per vak per jaargroep sodat daar afwisseling kan wees met watter Saterdae watter voluteers sal uithelp. Met ander woorde, dit is nie nodig om elke Saterdag te gaan nie, en ons is net besig tydens die kwartaal wanneer daar nie eksamen geskryf word nie. Gewoonlik werk dit uit op 5 to 7 naweke per kwartaal. As jy dus kans sien om 3 of 4 Saterdagoggende van 'n kwartaal op te offer is jy net die regte persoon.
Indien jy belangstel om betrokke te raak by hierdie projek kontak vir Jaco Vollgraaff by jacov@churchadventure.co.za.